in

Nuutste oesskatting: Mielie-oes onveranderd

This post is also available in: Afrikaans

Somergewasse – 2018

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 13,207 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,319 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,70 t/ha is. Die oppervlak onder witmielies is 1,268 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,051 miljoen ha.

Die produksieskatting van witmielies is 6,880 miljoen ton, terwyl die opbrengs 5,43 t/ha is. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,327 miljoen ton, en die opbrengs is 6,02 t/ha.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 792 255 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 601 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Die produksieskatting van sojabone is 1,551 miljoen ton met ’n geskatte oppervlakte van 787 200 ha en die verwagte opbrengs is 1,97 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 14,19% of 8 600 ton na 52 000 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 56 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 0,92 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 83 070 ton. Die oppervlakte beplant met sorghum is 28 800 ha. Die verwagte opbrengs is 2,88 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 65 610 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 53 360 ha, en die verwagte opbrengs is 1,23 t/ha.

Wintergewasse – 2018 produksieseisoen

Die voorlopige oppervlakteskatting is gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise en weerspieël die situasie teen die middel van Julie 2018, sowel as insette van die PDL verteenwoordigers. Let wel, inligting van die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”), soos gedoen deur die Nasionale Oesskattingskonsortium, sal vir die Wes-Kaap in Augustus 2018 gerapporteer word en vir die Vrystaat in September 2018.

Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 505 000 ha, wat 2,73% of 13 400 ha meer is as die 491 600 ha wat verlede seisoen aangeplant is.

Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 318 000 ha, wat 8 000 ha minder is as die 326 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Vir die Vrystaat is die aanplantings 100 000 ha, wat 20 000 ha meer is as die 80 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap is 38 000 ha, wat dieselfde oppervlakte is as die vorige seisoen.

Die voorlopige oppervlakskatting vir moutgars is 106 150 ha, wat 16,16% of 14 770 ha meer is as die 91 380 ha van verlede seisoen. Die oppervlakte onder kanola is 80 000 ha, wat 4,76% of 4 000 ha minder is as die 84 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is.

Die sewende produksieskatting vir somergewasse vir 2018 en die hersiene oppervlakte beplant en eerste produksiekatting vir wintergewasse sal op 28 Augustus 2018 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

kragdag

AfriSake KragDag: Die “Doen-jou-eie-ding!”-ekspo

fuel

Fuel price breather as prices stay stable