in

Nissan NP300 Hardbody: Presies nommerpas vir elke eienaar

Byna goed genoeg is volstrek nie goed genoeg vir ons kliënte nie, sê Tessa Cooke, produkbemarkingsbeampte van Nissan Suid-Afrika. Dis hoekom daar nou fabriekspasmaakkeuses is sodat elke NP300-eienaar honderd persent tevrede kan wees met sy bakkie.
 
Nissan se Hardbody-bakkies het die afgelope kwarteeu reeds diep in boere se harte gekruip vanweë hulle bekostigbaarheid, betroubaarheid en duursaamheid, en nou bied Nissan die boer ’n wyer keuse en ’n nuwe hoogtepunt van pasmaak-aantreklikheid en aanpasbaarheid by die eienaar se eie smaak.
 
Die pasmaak is ook nie blote goetertjies wat agterna aangeskroef of aangeplak word nie – die fabriek in Rosslyn maak die bakkie soos die boer hom bestel sodat elke ekstra dingetjie waarlik deel van die boer se bakkie is.
 
Die Hardbody is om mee te begin al ’n gedugte boerebakkie. Hy het sy hardelyfnaam immers te danke aan die dikker staal wat gebruik word om hom stewiger en sterker te maak. Boonop het die Kinseyverslag, wat die bekostigbaarheid van voertuigonderdele vergelyk, die Nissan NP300 Hardbody 2,0-enkelkajuit en die 2,5 Hi-Rider dubbelkajuit respektiewelik tweede en derde in hulle klas vir bekostigbare onderdele geplaas.
 
Nissan se nuwe Dienspak maak al die NP300 Hardbody-modelle se onderhoud nog meer bekostigbaar.
 
Tessa Cooke sê: “Ons begryp dat kooppryse en algehele eienaarskoste sleutelfaktore is wat voornemende voertuigeienaars oorweeg, en dit is net hier waar die NP300 na vore tree om met ’n aankoopprys van tot so min as R158 800 tot 27% minder as mededingers te kos.”
 
Kopers van enkelkajuit NP300 Hardbody-bakkies kan enigeen van vier fabrieksgemonteerde pasmaakopsies kies:
 
Agripak: Veetralies, rubberbedekte bak, bosbreker, agterste trapstamper met trekstang, matte, lugversorging en ’n radio met USB en Bluetoothvermoë. Hierdie opsie is beskikbaar vanaf R28 500 vir die basiese 2,0-weergawes.
 
Sakepak: Sentralesluitstelsel met alarm en immobiliseerder, radio met USB en Bluetoothvermoë, lugversorger, matte, rubberbedekte bak, agterste trapstamper met trekstang en ’n noodwielslot. Dit alles is beskikbaar vir vanaf R18 950 vir die basiese NP300 Hardbody 2,0.
 
Vlootpak: Lugsakke voor die bestuurder en pasassier, lugversorging, sluitweerremme, praktiese vyftienduimstaalwiele en skottelsitplekke vir vanaf R26 200 vir die beginmodel.
 
Vryetydpak: Vir werk sowel as plesier bied hierdie opsie lugversorging, radio met USB en Bluetoothvermoë, matte, rubberbedekking, agterste trapstamper met trekstang, noodwielslot, sentrale sluitstelsel met ’n alarm en immobiliseerder, netjiese bakseil, swart sytrappe, ’n swart stampstaaf voor en ’n swart rolstaaf agter die kajuit. Die Vryetyd-pak is beskikbaar vanaf R28 600 op die NP300 Hardbody 2.0 Base.
 
Kies die regte dienspakket
Daar is ook vier dienspakkette vir aldie NP300 Hardbody enkelkajuitbakkiesbeskikbaar. Die pakkette wissel van2 jaar/60 000 km en 3 jaar/90 000 kmtot 4 jaar/120 000 km en 5 jaar/150 000 km.
 
Nissan bly ’n bedryfsleier met sywaarborg van 6 jaar of 150 000 km opal die pasmaakkeuses. Die dienspakkevir groot en klein dienste is by alNissan se onderdelehandelaars beskikbaarvanaf R300 vir die klein dienspakvir die 2.0 Base.
 
Nissan bly ook ’n leier in sy klas met diensintervalle op elke 15 000 km. “Die NP300 Hardbody is nou meer aanpasbaar as ooit tevore en ons is opgewonde daaroor om aan ons getroue klante pakkette aan te bied na hulle eie sin en smaak,” sê Tessa.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Min tyd en te veel hooi op die vurk? Novacat het die antwoord

Suid-Afrikaanse mielie-uitvoerders slaan 'n slag in Sjina