in

Nexus beveilig jou met sonlig

Die gevoel dat jy gratis sonlig kan gebruik om elektrisiteit op te wek bly maar net ’n lekker gevoel, al is die paneel en toestel wat dit aandryf hoe klein. Dit maak nie eens saak of jy ’n veer voel vir jou eie koolstofvoetspoor nie – die gedagte dat sonlig gaan help om jou elektrisiteitsrekening aan die einde van die maand te verminder, sal enige regdenkende mens aanspoor om uit te kyk vir sy volgende sonligaangedrewe toestel.

Agrinet se 54 LUD Nexus-spreilig is die ideale toestel om ’n boer aan die sonkragplan te laat byt. Dit bestaan uit ’n fotovoltaïese sel van 10 watt en 16 volt, of in gewone Afrikaans, ’n sonpaneel, ’n 11,1 volt-, 4 ampère-uur Li-ion herlaaibare battery, ’n 54 LUD-sekerheidslig wat 340 lumens sigbare lig kan uitstraal en ’n afstandbeheerder.

’n Behoorlike dag se 6 tot 8 uur sonlig laai die battery genoeg om dit tussen 8 en 12 uur deur die nag te laat skyn – Suid-Afrika se son voorsien lag-lag in die behoefte. Die dag-/nagsensor laat die lig vanself teen skemer aanskakel en wanneer die son uitkom, skakel die lig af en begin die battery weer herlaai.

Dit is doodmaklik om die stelsel te installeer. Die sonpaneel word met twee stutte teen ’n horisontale of vertikale oppervlakte vasgemaak sodat dit in albei gevalle teen ’n hoek van 45 grade kan staan. Dit is geskik om die beste van die somer en winterson te vang, solank dit reg noord wys.

Nadat dit op een punt teen ’n muur of balk vasgemaak is, kan die sekerheidslig se agterste swaaibare stut horisontaal en vertikaal gedraai word om die lig in enige rigting te laat skyn.

Die paneel word dan aan die lig gekoppel met ’n vyfmeterkabel wat maklik uit- en ingeprop kan word. Geen lastige bedrading is nodig nie.

Met die afstandbeheer kan die sekuriteitslig aan- en afgeskakel word en dit het ‘n gleufie aan die agterkant wat aan ’n hakie in die muur opgehang kan word.

Agrinet waarborg die hele stelsel vir ’n jaar.

Beskikbaar by landbouhandelstakke en hardewarewinkels.

Die sonpaneel word maklik met vier muurskroewe teen ’n hoek van 45 grade aan die dak of teen ’n muur vasgesit.
Die sonpaneel word maklik met vier muurskroewe teen ’n hoek van 45 grade aan die dak of teen ’n muur vasgesit.
’n Inbreker sal twee keer dink voor hy deur die Nexus-spreilig se straal sal loop.
’n Inbreker sal twee keer dink voor hy deur die Nexus-spreilig se straal sal loop.

Die afstandbeheer het ’n reikwydte van 50 meter en kan ook teen ’n muur opgehang word.
Die afstandbeheer het ’n reikwydte van 50 meter en kan ook teen ’n muur opgehang word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Senter 360 maak besproeiing se pad oop in die Karoo

Verspreider van die maand