in

Net-die-beste-is-goed-genoeg-vir-wenmengers

 Dit het begin by ’n uitdaging om ’n hamermeule te bou wat minder stof maak en vinniger werk, ’n geleende ratkas en ’n groot klomp vernuf en geesdrif. Jaco Pieters het ’n jaar geneem om sy eerste hamermeule te bou, want hy moes dit in sy agterplaas in sy vrye tyd doen en elke onderdeel moes met die hand gemaak word.

Vandag, 14 jaar later, is Rumax ’n bekende en erkende naam in die vermaakbedryf en die fabriek op Worcester spog met wêreldstandaard toerusting wat ingewikkelde masjinering, soos ratte draai en uitsny, na kinderspeletjies laat lyk.

Rumax, voerwaens

Jaco Pieters glo daaraan om self waarde toe te voeg en die stukkies oorskietstaal gaan eersdaags in sy eie smeltery omskep word tot nuwe onderdele.

Die fabriek vervaardig ’n hele reeks mis- en kalkstrooiers, hamermeulens, pilmasjiene, konsentraat- en volvoer-mengers, asook baalkerwers, almal in die kenmerkende helder Rumax-blou en -geel wat vir boere regoor die land al die kleure van gehalte geword het.

Jaco is ’n boorling van Namibië, maar het in Potchefstroom se wêreld groot geword. Sy tegniese loopbaan het by vliegtuigbou begin, maar hy het later landbou-opleiding ondergaan en klas gegee by ’n landboukollege. Hy het ook by ’n paar landboumaatskappye gewerk voor hy sy eie ding op versoek van boere in die Wes-Kaap begin doen het.

Hy is voortdurend besig met uitbreidings aan die fabriek, want dit is vir hom belangrik om soveel as moontlik van die onderdele self te maak om gehalte te verseker.

“Dit gaan daaroor om die ding self te doen. As jy alles self kan maak, het jy beheer oor die gehalte van die onderdele en die voorsiening van voorraad. Jy hoef nie vir ’n ander fabriek te wag wat jou bestelling onder op die lys sit nie.”
Rumax, voermengers, hamermeule

Rumax maak onderdele self vir beter beheer oor voorraad en gehalte.

Jaco sê as ’n boer hom bel en toerusting bestel, wil hy vir hom presies kan sê wanneer hy sy masjien gaan kry. Hy is tans besig om ’n groot skuur te bou waarin hy sy eie smeltery gaan oprig waardeur hy die afvalstaal gaan sirkuleer om uiteindelik die staalonderdele wat gegiet moet word, ook self te maak. En van die sand wat vir die gietvorms gebruik word, wil hy plaveisel maak. Daar sal ook ’n sandspuittonnel opgerig word om die verfwerk vinniger en beter te doen.

Jaco sê dit is ’n langtermynbelegging, maar dit maak vir hom sin om waarde toe te voeg deur alles in-huis te doen en niks te vermors nie. “Rumax is nie hier om oornag te verdwyn nie,” sê hy.

Vir meer inligting oor Rumax se reeks voermaakoplossings, besoek gerus www.rumax.co.za of skakel Jaco Pieters by 082-335-3970.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Jongboere-kry-besieling-by-Senwes-se-Toekomsfokusdag

’n-Verrassend-voortreflike-bakkie