in

Net 10% boere in die noorde voldoen nie aan al die arbeidswette nie

Ongeveer 10% van die werkplekke waarop inspeksies gedoen is in Limpopo deur die Departement van Arbeid, was skuldig aan nie-nakoming van arbeidswetgewing. Agri SA het die inligting bekend gemaak nadat hulle vroeër die maand in Pietersburg aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se direkteursforum deelgeneem het.

“Dit is belangrik om te weet dat nie-nakoming ook aangeleenthede soos ‘n gebrek aan rekordhouding insluit en nie net growwe oortredings nie,” sê Jahni de Villiers, hoof van Arbeid en Ontwikkeling by Agri SA.

Agri SA se lede sluit in nege provinsiale affiliasies, 24 kommoditeitsorganisasies en 20 korporatiewe lede. “Nakoming van arbeidswetgewing is nie onderhandelbaar vir lede van Agri SA nie en ons provinsiale affiliasies tree onmiddellik op waar nie-nakoming van arbeidswetgewing onder hulle aandag kom. Ons het in baie gevalle agtergekom dat die oortredings nie deur lede van Agri SA begaan is nie. Ons glo dat ons ‘n nakomingskultuur bevorder,” sê Jahni.

Sowat 8% tot 10% van plaaswerkers behoort aan vakbonde. “Weens die seisoenale aard van die werk en die feit dat plase nie maklik bereikbaar is nie, is dit moeilik vir vakbonde om in die sektor te organiseer,” sê Jahni. “Dit plaas ‘n verantwoordelikheid op werkgewers om goeie verhoudings met werkers te handhaaf, en dis ‘n verantwoordelikheid wat georganiseerde landbou baie ernstig opneem.”

Sy sê: “Agri SA neem kennis van sekere uitlokkende uitsprake wat deur rolspelers met geen teenwoordigheid in die sektor gemaak word. Georganiseerde landbou duld nie die swak behandeling van werkers in die sektor nie, net soos geen vorm van landelike geweld geduld sal word nie.”

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

bokhaar

Bokhaarpryse styg verder

kondensmelk

Tuisgemaakte kondensmelk