in

Namponuus:-Vanjaar-by-Nampo


Kubota

Robert Keir is die bemarkingsbestuurder van Smith Power en Kubota. “Ons doen die meeste van ons verkope uit Nampo omdat ons die kliënte van aangesig tot aangesig sien. Die mense wat hierheen kom, is nie noodwendig groot in getalle nie, maar hulle is ernstige kopers,” sê hy. Kubota het die L39 asook die M108-trekker op ‘n spesiale Nampo aanbod aangebied. Op die foto staan Dieter Bergmann, Robert Keir, Tiaan Oelofse, Stefan van Wyk (ProAgri) en Xander Pieterse (ProAgri).

 

Zoetis

Zoetis het ’n paar opwindende nuwe produkte soos die nuwe Synovex groeistimulante-reeks wat ’n opvolg is van die Synovex Plus wat veral in voerkrale gebruik word. Die nuwe Synovex C is ontwikkel vir kalwers vanaf “backgrounding” tot reg deur die groeiproses. Dit is ’n groeistimulant wat die eerste in sy soort is en die boer het baie beweegruimte vir die toediening van die produk. Vir die suiwelboere het hulle die J5 mastitis entstof, wat ’n boer baie sal help in die sindelikheidsbestuur in sy melkstal. Hier staan Llewelyn Sinclair, Dawid Human en Gorete Moutinho by hulle produkte.

Jupidex

Die planter waarby Dirk Kotze, Jupidex se streeksverteenwoordiger in die Noord-Kaap-streek, staan het twee weke gelede vir die eerste keer uit sy krat in Suid-Afrika geklim en kan konvensioneel en as deel van ‘n geenbewerkingstelsel plant.

Die TF Maxi Optima van Kverneland in Duitsland het ’n “e-drive” wat beteken dat daar geen meganiese aandrywing is nie. Hy het ook seksiekontrole sodat elke saadkar se saaduitmeting afsonderlik kan afskakel indien dit nodig is, soos wanneer die planter skuins die land uitgaan. “Jy sit ’n mediakaart in jou GPS en daar waar die GPS-lyn in die land ophou skakel die planter plek-plek af. Vir geenbewerking kan jy elke karretjie verstel om tot 125 kg per eenheid af te druk. Hy verplaas sy kunsmis met lug, sodat  die kunsmisverspreiding oor die planter  baie egalig is. Hy het geen slytaksie in sy bakke nie en daar is geen plaat waarteen geskuur word  nie,” sê Dirk.

JB Staalwerke
Jannie Boshoff van Doringhoek in Delareyville is ’n boer wat sy skripsie van 34 jaar gelede toe hy landbouingenieurswese gestudeer het, uitgehaal en afgestof het . Hy het ’n  goedkoop, rewolusionêre masjien vervaardig waarmee ’n boer grondboontjies van vreemde materiaal skei voor hy dit na ’n grondboontjiefabriek stuur. Daar is nog nie so ’n masjien in die land wat kleiner fabrieke of boere kan bedien nie. Sy kapasiteit kan egter verhoog word deur net nog eenhede parallel aan te las. Die masjien is by die Boerepatente uitgestal.

Four Lakes
Johannes Jansen van Four Lakes sê die mark vir sy waterdigte Mudboots het die afgelope tyd goed uitgebrei en dit is nie net meer boere en veeartse wat die knus waterdigte voerbeskerming geniet nie. Hengelaars, kampeerders en self werkers in die konstruksiebedryf beskerm hulle voete teen koue en nattigheid. Four Lakes is egter nie net doenig met stewels nie, hulle het ook middels wat diere gesond en sterk kan hou soos Recharge wat onder andere kalsium, magnesium, probiotika en vitamine bevat wat help dat ooie herstel nadat hulle gelam het. By Johannes staan Anneline du Plooy en Jessica Taljaard.

Omnia
Die span van Omnia plaas vanjaar veral klem op die belangrikheid van swael vir plante. Elriza Theron (regs) sê dit is ‘n noodsaaklike voedingstof vir plante wat maklik misgekyk word. Omnia is ook besig met ‘n groot openbare veldtog om die beeld van boere te bevorder. Die rol van boere in die land en hulle bydrae tot die ekonomie word uitgelig in ‘n reeks artikels in die media. By Ariza is Tinus Louw, Stefan de Jager en Margo de Jager.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kubota bied winskope

Namponuus: Claas bied ‘n nuwe klas tegnologie