in

NAMPO-nuus: Van plastiek tot staal

ProAgri het op NAMPO by ‘n wye verskeidenheid uitstallers gaan inloer en ‘n klomp dinge gesien wat die boer se lewe heelwat makliker kan maak. Lees hieronder meer oor Plastic Ideas, Stafix, Agri Shalom en Myburgh Toerusting.

Plastic ideas

1 Gilda Do Rego en Marco Do Rego van Plastic Ideas

Gilda Do Rego en Marco Do Rego van Plastic Ideas is opgewonde om nuwe klante by NAMPO te bereik. “Ons wielietjieskrat, vrugtedroogkrat en vertoonkrat is die produkte wat ons graag vanjaar by NAMPO bekendstel. Ons stalletjie lyk anders as verlede jaar en ons kry baie blootstelling deur die aantal mense wat by NAMPO is,” sê Gilda. Plastic Ideas het plastiekkratte en ander gehalte produkte is in verskillende kleure beskikbaar en hulle is sterk genoeg om swaar vragte te hanteer.

Stafix

2 Jaco v d Walt en Shaun Williamson van Stafix

Stafix sien om na boere se veiligheid op die plaas. Jaco van der Walt en Shaun Williamson van Stafix het verduidelik hoe hulle geslotekringtelevisiekameras (CCTV) met Wi-Fi werk. Boere moet net die toepassing daarvan aflaai en het dan toegang daartoe. “Indien daar iets op die boer se plaas gebeur wat op kamera vasgevang word, kom die foto regstreeks na die boer se foon deur,” sê Shaun.  Stafix se JVA-landboureeks bekragtigers is vanjaar vir die eerste keer by NAMPO gewys, maar hulle het ook ‘n goedkoper reeks bekragtigers van hoë gehalte vir boere beskikbaar.

Agri Shalom

3

5 Jan Abraham

Agri Shalom glo in gehalte landboutoerusting. “Die 5-ton hidrouliese wipbakwaens is nuut en ons het al baie navrae daarvoor gekry,” sê Jan-Abraham Strauss. Die 5 ton-tipbakwa het 3-mm valkante, 4-mm vloerplate en ‘n duursame kanaalstaalstruktuur. Agri Shalom vervaardig ook wipbaksleepwaens van 4 en 2,5 ton.

Myburgh Toerusting

7

4 Tania Henning, Flip Henning en Jannie Myburgh

Myburgh Toerusting vervaardig ‘n verskeidenheid landboutoerusting wat ontstaan het uit boere se behoeftes. “Ons hele produkreeks wat by NAMPO uitgestal word kan boere help, maar dit is veral ons draadspanner wat ‘n  wenner is,” sê Jannie Myburgh. Die draadspanner rol die draad af en trek dit styf. Jannie demonstreer graag hoe die toestel werk sodat boere maklik op hulle plase draad kan span. Tania en Flip Henning staan langs Jannie.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Buffelkoei gaan vir R1,1-miljoen

Agri SA reageer op Minister Nkwinti se jongste grondplafonplanne