in

Namponuus: Lindsay laat jou slim water gee

Van jou mikrosproeiers in jou groenteland tot jou reuse spilpunt in die graanland, kan nou met die druk van ‘n knoppie van jou slimfoon af bestuur word. Suid-Afrikaanse boere is van die eerstes om die voordele te geniet van die internasionale besproeiingsmaatskappy, Lindsay, se afstandbeheerstelsel, FieldNET met sy veelvoudige beheerpaneel, MULTI-CONTROL. 

MULTI-CONTROL  is vroeër vanjaar by die World Ag Expo in Californië as een van die top tien nuwe produkte vir 2014 bekroon.

 

FieldNET kan deur radiobeheer of die internet werk en dit is beskikbaar as Android- en Apple-toepassings. Die FieldNET-stelsel ontvang data van die veld af, soos vogmetings, temperatuur en watergebruik en kan ook in kennis gestel word van verstopte of lekkende pype. Die beheerpaneel laat jou dan toe om die stelsel te bestuur, soos pompe en kleppe, toediening van bemesting- en chemiese stowwe, filterspoelings en beskermingsmeganismes teen ryp. 

Al die boer se verskillende stelsels kan van een paneel af bestuur word en hy kan met een oogopslag sien wat die situasie in elke land is. Die paneel is gebruikersvriendelik en skedulering kan na behoefte aangepas word deur raampies op ‘n raakskerm rond te skuif.

Bredell Roux is die besturende direkteur van Lindsay SA en Richard Joseph is die bemarkingsbestuurder. Skakel die kantoor by 021-986-8900 vir meer inligting.

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Namponuus: Claas gee groot treë

Die regte stroper maak 'n taai taak soet