in

Namponuus: Agri Afrika sorg vir vinnige presiese boerdery

Agri Afrika het vanjaar die nekke en oë laat rek met hulle reuse tapkarre, waens, baaltoedraaiers en planters wat die strafste pas kan volhou. Die reeks Great Plains Yield-Pro-planters is uitgebrei om ‘n 12- en 16-ryplanter in te sluit. 

 

Die Amerikaners wat saam met Marius Tolmay (regs) van Agri Afrika by Nampo oor die Great Plains-planters met boere gesels het, is Roy Applequrst en Ryan Haffner. Let op die hidroulies aangedrewe waaier bokant hulle koppe wat sorg dat die saad egalig na die saaduitmeet- en saadleweringseenhede gevoer word. Met sy groot tenks vir massasaad en -kunsmis kan ‘n boer hope hervultyd bespaar. Daar is ook Twin Row-modelle in die grootte beskikbaar.

 

Die J&M-reeks word deur Agri Afrika van Amerika af ingevoer en is ‘n tapkar in ‘n ander klas. J&M is die grootste vervaardiger en verspreider van tapkarre in Amerika. Die twee groottes wat tans ingevoer word, is 30 800 liter (24 ton) en 40 500 liter (31 ton). Die tapkarre kan 31 ton in ‘n ratse 3 minute ontlaai. Verlengstukke vir die hidrouliese awegaar is ook beskikbaar sodat daar met gemak op enige hoogte afgelaai kan word. Kyk uit vir nog J&M-produkte by Agri Afrika.

 

Die alombekende Ombu-produkte wat met hulle reeks tapkarre naam gemaak het as robuuste werkesels op baie Suid-Afrikaanse plase, is nou ook aangevul om die Ombu-sonneblomstropertafels in te sluit. Marius Tolmay van Agri Afrika sê die boere wat hulle vanjaar al gebruik het, praat met lof oor die hoër stroopspoed, minder vemorsing en taaiheid. Agri Afrika voer tafels vanaf 8 voet (2,4 m) tot 40 voet (12,2 m) in, met die opsie om ‘n doelgerigte tafelkar saam met die tafel aan te skaf.

Met die Legend-kantontlaaiwa sal ‘n boer wat ‘n behoefte aan massahantering het nooit verkeerd kan gaan nie. Die reeks word deur die bekende AFRIT, een van Suid Afrika se grootste troksleepwavervaardigers, gebou. Dit is ook Agri Afrika se moedermaatskappy. Die wa, wat sywaarts kantel met flappe wat kan oopmaak, kan 22 400 liter hou en word op ‘n supersterk onderstel gemonteer, soortgelyk aan sy groot boeties van AFRIT.

Vir meer inligting, bel Marius Tolmay by 083-581-5709.

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Skep 'n saadbed vir 'n koning: LEMKEN maak berge gelyk

Nampo bly 'n top sakeplatform