in ,

NAMPO: Vitamech maak dit nog lekkerder vir boere

vitamech
Shaun Fourie, besturende direkteur; Richard Waha, verkoopbestuurder: Väderstad; Louis van der Merwe, verkoopbestuurder van Vitamech Suid-Afrika; Connie Campher, tegniese hoof; Jurie Swart, bemarkingsbestuurder; en Desmond Prezens, onderdeleverkoopsbestuurder, glimlag breed voor hulle blinknuwe standplaas by NAMPO.

This post is also available in: Afrikaans

Min mense kan Vitamech, die staatmakerverskaffer van landbouwerktuie, se standplaas op NAMPO mis, omdat dit so lekker sentraal is. Vitamech se NAMPO-span is elke jaar baie tevrede met die belangstelling in hulle produkte en die voete deur hulle stalletjie.

Maar alhoewel Vitamech se werktuie beslis iets vir die oog is, moes die span elke jaar baie hard werk om die kolle tussen die werktuie mooi te maak sodat die stalletjie afgerond lyk. “Met die beperkte ruimte in die klein huisie daarop moes ons voorheen soveel werk insit om die plek leefbaar te maak. Ons moes gras inry en plante gaan kry om die plek na iets te laat lyk. Ons moes ook baie vlae en baniere gebruik om die standplaas op te kikker,” sê Louis van der Merwe, verkoopbestuurder van Vitamech Suid-Afrika.

Vitamech se standplaas is kleiner as die tipiese werktuiguitstallers s’n, maar “ons het besluit dat ons nie ’n groter standplaas wil hê nie, maar eerder die beste gebruik maak van ons huidige standplaas. NAMPO word groter en die mense loop ver en raak moeg, so ons glo sentraal is die beste. Dit help nie jy beweeg uit die besoekers se oog nie. Hier is die beste en ons het besluit, ‘hier en beter’,” sê Louis.

’n Lekker hoë dak wat hulle hele standplaas van kant tot kant oordek, was die gewenste stap om hulle NAMPO-bemarkingsplatform nog meer aanloklik te maak. “Ons het besluit om dit lekker vir ons besoekers en vir die mense wat in die stalletjie werk te maak. Bou ’n ordentlike plek met die kleure wat Vitamech weerspieël en doen die nodige wat ons nie met vlae kan doen nie, met borde reg rondom,” sê hy. Die standplaas en dak is 30 by 15 meter, wat 450 vierkante meter beteken.

“Ons is baie bly en baie trots om die nuwe verbeterings vanjaar vir die eerste keer te gebruik,” het die NAMPO-span soos een man gesê en glo dat hulle beslis vanjaar en in die toekoms die vrugte daarvan sal pluk.

Die bouers, elektrisiëns, plaveisel- en letterskilderkontrakteurs het die standplaas voltooi en mooi gemaak sonder dat Louis een keer ’n voet daar gesit het. “Hulle is almal plaaslik gewerf en ek was baie gelukkig om die beste kontrakteurs te gebruik. Alles was volmaak. Hier is nou iets wat opgerig is vir die toekoms en aangesien ek nou oud is en hier baie jong manne is wat met NAMPO kan voortgaan, kan hulle dit met trots doen,” skerts Louis.

Skakel Jurie Swart by 083-375-8840 of 021-907-8000, of Louis van der Merwe by 072-626-8409 of 021-907-8000 vir meer inligting. Besoek ook gerus Vitamech se webwerf by www.vitamech.co.za vir meer inligting.

vitamech
Met die druk van ’n knopppie kan die 4,8 m MacDon R116 PT-sleepsnyer binne 26 sekondes omswaai om gerieflik agter die trekker deur ’n plaashek gesleep te word.

Die Väderstad Tempo-planter wat verlede jaar bekendgestel is, is vanjaar weer uitgestal. “Daar is nog baie mense wat nie die beginsel van die Gilstring-plantereenheid, wat deur Väderstad ontwikkel is, verstaan nie. Die plantereenheid verseker uiters doeltreffende presisieplant,” sê Louis van der Merwe, verkoopbestuurder van Vitamech Suid-Afrika.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri Zambia 30

fnb

FNB bevestig opnuut sy band met landbou