in

Nog NAMPO-nuus

ProAgri het op NAMPO by ‘n wye verskeidenheid uitstallers gaan inloer en ‘n klomp dinge gesien wat die boer se lewe heelwat makliker kan maak. Lees meer hieronderoor Falcon, GSI, Sonskyn-spilpunte, Irrigation Unlimited, Peake Equipment, Quantum Field Services en Israel se standplase.

Falcon

Net soos ander jare was Falcon ook by die NAMPO Oesdag gewees. Falcon is verspreiders vir Amazon en kry hulle werktuie van Duitsland af. Falcon is nou al baie jare in Suid-Afrikaanse omstandighede getoets en geskik bevind onder die boere. Die Falcon F 150 vleëlsnyer het uitgestaan by hulle standplaas.

Steve Thurtell en Russel Jerome sit op een van hulle snyers.

DSC_0559

DSC_0585

GSI

GSI kon mens van ver af sien op NAMPO en bo van die toring af kon ProAgri ook lieflike foto’s van GSI en die hele terrein neem. GSI bied ‘n wye reeks graanhanteringsprodukte (silostelsels en droërs), skure wat in ‘n kits opgerig kan word (Arch Span) en oplossings vir pluimveeboere (Cumberland) aan. Met GSI se TopDry Graandroër kry jy die beste van albei wêrelde. Dit is ‘n doeltreffende graandroër wat 834,58 mt graan kan stoor. Op die foto is Jaco Barnard en JJ Barnard (voor), asook Danie Jacobs, William Lucas, Lanus Meyer en Pieter du Toit (agter).

DSC_0170

gsi

Sonskyn-spilpunte

“Die enigste advertensie wat ons het is by NAMPO en dit is genoeg,” sê AJ Joubert van Sonskyn-spilpunte. NAMPO is ‘n groot netwerkgeleentheid vir hierdie maatskappy. Sonskyn-spilpunte het ‘n sonkragspilpunt op NAMPO bekendgestel wat net sonkrag benodig om water te kan toedien. “Indien dit ‘n paar dae aaneen reën, is daar batterye vir rugsteun,” sê AJ. Hierdie spilpunt kan baie krag vir die boer bespaar in die tyd waar krag veral ‘n groot rol in Suid-Afrika speel.

28

Irrigation Unlimited

Irrigation Unlimited is bekend vir hulle verskuifbare besproeiingstelsels. “Wat ons het, werk vir die boer,” sê Tobie van den Heever. Net een werker stel die besproeiingstelsel binne 30 tot 40 minute op en daarna kan dit tussen 3 en 22 uur werk om ‘n voorafbepaalde hoeveelheid water toe te dien. Die eenheid se spoed is verstelbaar met verskeie ratverhoudings en kan aangepas word soos nodig.

29

Peake Equipment

Peake Equipment fokus op sterk spuite van die hoogste gehalte en met uitstekende werksverrigting. Die jongste masjiien is die Peake JURU. Volgens Donald Peake het dit baie goed met die navrae by NAMPO gegaan. Rudi van der Walt staan hier by Donald en die Peake JURU.

30

Quantum Field Services

Quantum Field Services wil die beste tegnologie en presisieboerdery-oplossings vir die boer bied. Hulle vervaardig onder meer spuite, vuurvegters, tenks, bossiekappers, pompe. Hulle het vanjaar ‘n klein spuit by NAMPO vertoon en hulle beste verkope was ‘n spuit op ‘n stootkarretjie. Rico Wentworth en Marsalle Brown staan langs hulle 12-m Front Mount-trekker by NAMPO.

31

Israel

Selfs die ambassade van Israel het NAMPO besoek om hulle belange in Suid-Afrika uit te brei. Verskeie produkte van verskillende maatskappye is by die Israel-uitstalling vertoon. “Die rol van ons stalletjie by NAMPO is die vergroting van handel met maatskappye in die suidelike streek. Die vooruistrewende maatskappye in tegnologie en presisieboerdery besoek NAMPO. Daar is sewe maatskappye in ons standplaas,” sê Itai Melchior van die ambassade van Israel. Hy noem ook dat hulle inligting oor die maatskappye na die boere toe bring. “NAMPO is baie suksesvol vir ons en ons het baie belangstelling gekry. Die waterkrisis is maar die hoofkwessie, dus is daar baie belangstelling veral in besproeiing.” Itai sal graag volgende jaar hulle standplaas by NAMPO wil vergroot, want hulle kon nie al die maatskappye wat wou deelneem huisves nie.

34

Twee van die maatskappye onder die Israel-standplaas:

Metzerplas en Agriplas

Metzerplas en Agriplas voer druppers in en vervaardig dit in Suid-Afrika vir bogrondse en ondergrondse besproeiing. “Ons het redelik baie navrae gekry,” sê Adri Liebenberg, tegniese adviseur.

35

Haifa

Haifa vervaardig spesialiteitskunsmis soos wateroplosbare kunsmis. “Ons is een van die grootste vervaardigers van kaliumnitraat en ons doen ook gekontroleerde vrystellings,” sê Dawie Fourie, bestuurder. Hulle kunsmis word in Israel vervaardig.

36

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

NAMPO-nuus: Van die skaapkraal tot by 4×4 waentjies

Dom Boer se lag vir die dag: