in

NAMPO Kaap 2020 gekanselleer

This post is also available in: Afrikaans

Die bestuur van NAMPO Kaap, Bredasdorp Park NPC, het na gesprekke met vennote van Graan SA, die owerhede en rolspelers besluit om NAMPO Kaap 2020 te kanselleer.

Die finale besluit rakende die NAMPO Kaap Landbouskou sou aanvanklik eers einde-Julie bekend gemaak word met die hoop op ‘n beter aanduiding van die COVID-19 pandemie en die gevolge vir masse byeenkomste.

Ongelukkig moes die moeilike, dog verantwoordelike besluit, noodgedwonge vroeër geneem word, sodoende die moontlike kansellasie van die skou op kort kennisgewing af te weer.

NAMPO Kaap was die afgelope twee jaar ‘n uiters suksesvolle landbou-gebeurtenis in die Overberg, maar die COVID-19 pandemie het die hele wêreld gedwing om nuwer en meer innoverende maniere te vind om besigheid te doen.

Tans is daar geen aanduiding wat die situasie en wetgewing rondom massa byeenkomste in September gaan wees nie, en die NAMPO Kaap bestuur kan nie besoekers se risiko op enige manier verminder of totaal afweer nie.

Die kansellasie van NAMPO Kaap 2020 volg slegs enkele dae na die 2020 NAMPO Oesdag gekanselleer is. Beide organiseerders, Bredasdorp Park NPC en Graan SA is van die oortuiging dat die onsekerhede rakende die toelating van massa byeenkomste moontlik nog lank onder bespreking gaan wees as gevolg van die COVID-19 pandemie.

Die vroeër aankondiging van die kansellasie verhoed ook dat NAMPO Kaap uitstallers verdere voorbereidings doen en gee dié uitstallers ook die geleentheid om te same met die NAMPO Bothaville uitstallers, deel te maak van die opwinding wat die nuut aangekondigde NAMPO Virtueel voorspel.

Graan SA sal graag aan al die NAMPO uitstallers steeds ‘n geleentheid wil bied om ‘n platvorm te benut waar besigheid en die bemarking van produkte gedoen kan word met produsente en die wyer publiek. Enige belangstellende uitstallers wat deel van die eerste NAMPO Virtueel wil  wees, vanaf 9-12 September 2020 van 09:00 tot 19:00 en Saterdag vanaf 09:00 tot 14:00, word aangemoedig om met die NAMPO kantoor te skakel.

Reëlings vir NAMPO Kaap 2021 sal ook wel spoedig afskop waar uitstallers en besoekers verseker kan wees van ‘n landbouskou in die Overberg wat ‘n voortsetting van die groei en kwaliteit van aanbieding sal offer.

Bron: Graan SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Port of Cape Town clearing backlogs

stropers

Trekkerverkope daal en stroperverkope styg