in

‘n Sanger op die plaas

Die Top 10-finaliste van Agri’s got Talent 2016 is pas aangekondig.

Agri’s got Talent is ’n sangkompetisie en lewensvaardigheidsprogram vir landbouwerkers in die vrugte- en wynbedryf. Volgens HORTGRO is dit ’n gesamentlike onderneming tussen hulle en die VinPro-stigting, wat beide verteenwoordigende organisasies vir hierdie twee bedrywe is, asook die Wes-Kaapse landboudepartement.

“Deur middel van Agri’s got Talent herken hierdie organisasies dat die mense wat op Suid-Afrikaanse wyn- en vrugteplase asook in kelders en pakhuise werk, ander waardevolle talente het wat hulle kan benut ten einde verandering in hulle gemeenskappe mee te bring,” het Unathi Mantshongo van die VinPro Foundation gesê.

“Die kompetisie se vaardigheidsprogram fokus op selfrespek en selfvertroue, wat hierdeur vir die deelnemers ’n gevoel van prestasie gee. HORTGRO en die VinPro-stigting poog om ‘n bedryf te vestig wat steun op die vermoëns van ons mense en dus ondersteun hierdie projek ons in ons taak. Ons is trots daarop om met hierdie projek geassosieer te word en wens die finaliste alle voorspoed toe met hulle komende opleiding en optredes.”

Agri’s got Talent het ’n totaal van 70 inskrywings regoor Suid-Afrika ontvang. Die volgende finaliste is gekies na ’n inspannende keuringsproses:

– Cheslin Prins (Diemersfontein Wines, Wellington)

– Jaqueline Mars (Fruitways Molteno, Grabouw)

– Daniel Ntshudu (Dutoit Agri Pack House, Misgund)

– Neville Fortuin (Little Oaks Trust, Villiersdorp)

– Duwayne Kiewiedo (Fruitways Pack House, Grabouw)

– Hermiena Hendricks (Moutons Valley, Piketberg)

– Claudine Fielander (Kromco, Grabouw)

– Josephine Karelse (Robertson Winery, Robertson)

– Abraham Erasmus (Zandvliet Indigo Fruit Farming, Ashton)

– Charles Davids (Kromco, Grabouw)

Hierdie finaliste sal aan die einde van Julie ’n weeklange werkswinkel in die Paarl bywoon, wat stem- en verhoogopleiding asook ’n lewensvaardigheidsprogram insluit. Die wenner, wat tydens die gala-aand aangekondig sal word, sal ’n kontantprys ontvang asook die geleentheid om by landbougeleenthede op te tree.

Die gala-aand sal op 29 Julie 2016 by die Kronenburg Estate te Paarl gehou word. Kaartjies kos R50 per persoon en kaartjieverkope open die 15de Junie 2016 by die Computicket.

Bron: HORTGRO

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Kry oplossings by KragDag 2016