in

‘n-Boer-van-Reitz-is-wreed-vermoor

’n Boer van Reitz in die Vrystaat is wreed vermoor en sy verlamde vrou en bejaarde ma is vasgebind en aangerand. Mnr Thinus Uitenweerde (55) is klaarblyklik lewend en met vasgebinde hande en voete in ’n vlak graf buite sy plaasopstal gedwing en toe met groot klippe doodgegooi.

Sy lyk is gisteroggend ná ’n soektog deur die polisie op die plaas Aliesrust in ’n vlak graf naby die opstal gevind. Sy vrou, Magriet, wat in die onderlyf verlam en bedlêend is, en sy 84-jarige ma, Bella, is daarna deur die polisie in hul plaashuis gekry.

Albei die vroue is in die provinsiale hospitaal opgeneem vir behandeling.

Twee jeugdiges, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, wat albei al los werkies vir die gesin gedoen het, is enkele ure later in die woonbuurt Petsana aangekeer. Hulle het omstreeks 13:00 op die plaas toegeslaan en die vroue is sowat 22 uur later eers gevind.

Twee selfone, ’n hoëtroustel en die vermoorde se beursie is in die twee se besit gekry. Die Bethlehemse honde-eenheid van die polisie het ondersoek ingestel nadat mnr Uitenweerde se seun, Martin, wat op Bethlehem bly, bekommerd geraak het toe hy nie sy pa telefonies in die hande kon kry nie.  

Mnr Uitenweerde se lyk is sowat 100 m van die huis by ’n murasie gekry. Die aanvallers het die graf met blare en stokke probeer versteek.

Mnr Ben Marais, TLU SA se president sê dit is ‘n kwade dag as misdadigers nou al probeer om van hulle bewyse ontslae te raak. 

Hy sê: “Die wreedheid van plaasmoorde is reeds alombekend en laat enige beskaafde en reggeaarde mens walg. Nou probeer die terroriste boonop om van hulle bewyse, in hierdie geval die liggaam van hulle slagoffer, ontslae raak.”

Mnr Marais sê dat die aanvalle op plaasboere minstens gelykstaan teenoor die moorde op polisiemanne.  “As ons in berekening bring dat hierdie jaar ongeveer 50 polisiemanne vermoor is uit ‘n polisiemag van 156 000 lede, en daar ongeveer 30 boere vermoor is uit ‘n bevolking van 36 000, is dit duidelik dat verhoudingsgewys die boeregemeenskap ‘n groter risiko is as selfs polisielede. Elke boer wat vermoor word, het tot gevolg dat voedselproduksie verminder. Verlede week het Statistiek Suid-Afrika aangekondig dat Suid-Afrika se bevolking die 50-miljoen kerf oorskry het. Daardie mense moet gevoed word deur ‘n boere-gemeenskap wat steeds kleiner word en gaandeweg uitgewis word.”

Mnr Marais het weer eens ‘n beroep gedoen op die regering om plaasmoorde ‘n spesiale kategorie misdaad te verklaar en ‘n spesiale ondersoekeenheid in die lewe te roep.

Ondertussen het mnr Marais ook boere gemaan om uiters versigtig te wees met die indiensneming van vreemde arbeid, aangesien die beweerde daders in die Reitz-geval skynbaar in ‘n stadium vir die boer gewerk het, en dus presies op hoogte is van wat op die plaas aangaan.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die-vere-maak-tog-die-voël!

Probeer-‘n-peuselbraai