in

Mpumalanga skeerkampioenskappe lewer top gehalte skeerders

This post is also available in: Afrikaans

Die plaas Roodewal in die Ermelo omgewing en tuiste van Mpumalanga voorsitter, Japie Celliers (jnr), het ‘n baie geslaagde skeerkampioenskap gehuisves met nagenoeg 60 deelnemers in wolhantering en masjienskeer. Japie (jnr) en sy pa, Japie (snr) boer sedert 1990 in ‘n vennootskap op Roodewal.

In die Wolhanteringskomponent van die kompetisie, het die beginnerkategorie vier deelnemers en die ope, elf deelnemers opgelewer.  Die drie verskillende masjienskeerkategorieë het groot aanslag gevind en het die ope se wenner Nkosifikile Bonelo ook die beste punte in gehalte skeer behaal.  Die naaswenner was Sebongile Mezeile met Nkosenathe Joseph Faltene in die derde plek en Botoabolo Tomoso in die vierde plek en hulle het uitgestaan tussen die 26 skeerders wat deelgeneem het.

Van die agt skeerders wie in die junior afdeling deelgeneem het, het Cloete Oosthuizen uitgestyg as wenner en beste gehalte skeerder terwyl Makotoko Qobotoane tweedeplek, Welesele die derde plek en Wzweli Iliwe die vierde plekke behaal het.

Japie Celliers en Juba Grobler.

Huidige SA kampioen Zandisile Fickson was die enigste deelnemer in die handskeer afdeling en hy het twee skape as demonstrasie geskeer.

Die plaaslike boere is bedank vir hulle teenwoordigheid en beoordeling en was dit lekker om ouer boere soos Japie (snr) en Juba Celliers daar te kon hê wat ‘n wakende oog oor dag se aktiwiteite kon hou.

Die reelings van so ‘n dag is nie moontlik sonder die betrokkenheid van borge soos BKB en Molatek nie.  Groot waardering is verder uitgespreek aan die borgskap van Hinterveld en aan Tabitha van der Westhuizen en Jacques van den Berg wie die maatskappy verteenwoordig en pryse uitgedeel het.

Bron: NWKV

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SA Bank van Athene word Grobank

Wolmark daal