in

Mpact-knip-kostes-met-nuwerwetse-jogurtverpakking

‘n R10 miljoen-belegging deur Mpact in sy vinnig-bewegende verbruikersgoedere (FMCG) plastiekaanleg in Pinetown in KwaZulu -Natal sal die groep in staat stel om ‘n nuwe soort verpakking te vervaardig wat veral gemik is op die suiwelbedryf. Mpact is ‘n JSE-genoteerde plastiek- en papierverpakkingsvervaardiger.

Die nuwe toerusting word reeds ingespan vir die vervaardiging van houers vir ‘n uitvoerkliënt, maar hoë gehalte plastiekbakkies van verskillende groottes word binnekort vir plaaslike jogurtmakers beskikbaar gestel.

Mnr Neelin Naidoo, besturende direkteur van Mpact se plastiek-afdeling, sê vervaardigers in die suiwelsektor het in die afgelope tyd duidelik gemaak dat hulle ’n behoefte het om verpakkingskostes te verminder.

"Verbruikersbesteding is onder druk en voedselvervaardigers sê hulle sukkel om te oorleef met al die  prysverhogings waarvan brandstof, invoere en verpakking die groot sondebokke is.

"Ons is baie bly om voedselprodusente te help om hulle verpakkingskoste te verminder, "sê mnr Naidoo.

Hy sê die nuwe Engel-hoëspoed gietmasjien, sal saam met ‘n etiketrobot van Illseman Automation werk om topgehalte 150ml IML (In Mould Labeled)  jogurthouers te vervaardig. Ander groottes sal spoedig volg, afhangende van die mark se aanvraag.

Die masjien gebruik ‘n hoë kavitasiegietvorm van Glaroform in Switserland wat 55 miljoen houers ‘n jaar kan vervaardig. Die toerusting voldoen aan Europese veiligheidstandaarde. 

Kavitasie verwys na die aantal bakkies wat in ’n siklus vervaardig word soos die masjien gegote plastiek in die vorms spuit. Kavitasie sal verskil volgens die grootte van die houers. 150ml jogurtbakkies , wat as relatief klein beskou word, maak voorsiening vir ‘n groter aantal holtes in die gietvorms.

Die IML robot verminder ook die risiko van besmetting deur onnodige menslike kontak met die bakkies te verminder.

Die vermoëns van die masjinerie is getoets en bewys , sê Paul Visagie , hoofbestuurder van die Pinetown-aanleg. "Tans word die IML-stelsel gebruik om polipropileen IML bakkies vir ‘n uitvoerkliënt te vervaardig. Vier kameras meet foute soos etiket misplasing, gietfoute en skewe koppierandte .

Kleindruk en verskeie kleure kan ook op etikette gebruik word sonder om die gehalte in te boet. Veranderinge aan kunswerke is ook minder tydrowend as die meer tradisionele metodes.

Persverklaring

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri-SA-sê-50-persent-vir-plaaswerkers-is-onwerkbaar

ProAgri tydskrif