in

Morgenzon-Landbou-akademie-geniet-die-buitelewe!

Die skone, vrye natuur se roepstem het ouers, onderwysers en leerlinge van Morgenzon Landbou-akademie (MLA) geroep om aan ’n plesierrit te perd deel te neem, met natuurlik die soete ervaring van kampeer en slaap onder die sterre ingesluit.

Die reën het wel probeer wys dat nie alle tente waterdig is nie, maar hierdie Landties het hulle nie laat onderkry nie en besluit om die weer te trotseer en voort te kampeer. Dit ís immer die reënkampe wat die langste en met die meeste verlange onthou word.

MLA besit sy eie Boerperdstoet en die perde word gebruik vir buite-avonture soos hierdie en vir perdrylesse by die skool. Leerlinge wat by die skool perdry, neem onder meer deel aan die SANESA-kampioenskappe, Jeugskou en ook nou die “SANESA Western Mounted Games”.

“Perdry is nie net uitstekende oefening nie, maar dis ook baie terapeuties vir die leerlinge,” sê die skoolhoof, mnr Alex Wehmeyer. “Die kinders word geleer hoe om na die diere om te sien voordat daar geleer word hoe om te ry. Sodoende leer leerlinge verantwoordelikheid aan.”

Hou gerus MLA se bakkiesblad en webblad, dop om te sien wanneer die volgende rit sal plaasvind.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Droogte beperk plantvoornemens in sekere streke

Undercover Farming oortref onder een dak