in ,

Monsanto se nuwe saadreeks vul verskeie leemtes

monsanto
Monsanto se Thobontle-saadbehandelingsaanleg buite Lichtenburg troon oor hulle Rietgat-proefplaas. Die twee persele werk saam om elke seisoen uitmuntende kultivars bekend te stel wat Monsanto-boere ‛n tree voor die res sit.

This post is also available in: Afrikaans

Die reën maak enige boer se hart ligter en meer ontvanklik vir nuwe inligting. Tydens Monsanto se onlangse boeredag op hulle Rietgat-proefplaas buite Lichtenburg was die wolke swaar en die grond papnat.

Die boere wat die boeredag bygewoon het, het tevrede en lus vir boer gelyk… en ook lus om te hoor hoe Monsanto hulle lewe die komende seisoen makliker gaan maak.

Monsanto het vir die 2018-seisoen ‛n hele hand vol verrassings in hulle geel-, wit- en besproeiingskultivars bekendgestel. Hulle het ook die massasaadkas en -karretjie bekendgestel wat hulle saam met Cerealis ontwikkel het.

Christiaan Troskie is baie opgewonde oor Monsanto se nuwe wit kultivars. Die DKC75-65 kom in BR voor en het ‛n uitstekende diplodia-weerstand wat dus sy man in die oostelike streek sal staan, maar dit toon ook goeie resultate in die Weste. Die splinternuwe DKC76-77 kom in ‛n R, BR en sal later in ‛n konvensionele weergawe voorkom. Dit lewer tot 7,8 ton per hektaar op medium-potensiaallande. Hierdie kultivar het al vir ‛n paar jaar sy staal in die proewe gewys en dit kan met vertroue as 20% van ‛n saadpakket aangeplant word.

Jaco van Zyl en Richard Fly vertel vir die boere van Monsanto se nuwe geel kultivars. Die DKC72-76BR presteer baie goed op droëland en sy drie sterkpunte is ’n hoë opbrengs, vroeë rypwording en wye aanpasbaarheid met goeie spanningsweerstand. Hy presteer die beste in die Westelike streek, maar toon ook goeie resultate in die Ooste.

Anton Swanepoel is ’n tegniese landboukundige in die Noordkaap en sy hooffokus is die ontwikkeling van geel besproeiingsbasters. Monsanto stoot hierdie seisoen vier nuwe hoogpresterende kultivars in die mark: DKC60-76 stapelgeen (vinnige groeier), DKC64-54, DKC65-52BR en DKC65-60BR. Dit is met baie goeie resultate getoets in die Noordkaap, Lichtenburg, Grootpan, Koedoeskop, Brits, die Hoëveld, Natal en selfs in die Vrystaat.

Hierdie nuttige saadkas en waentjie is tydens die boeredag bekendgestel en gaan saadhantering baie makliker maak terwyl dit arbeid drasties verminder. “Baie nuwe planters het sentrale saadtenks en is te hoog om maklik met sakke vol te maak. ’n Sentrale tenk neem omtrent ’n ton, wat dieselfde inhoud is as wat die saadkas het. Die waentjie het ’n blaser wat die saadtenk binne agt minute met lugdruk volmaak. Dit werk baie sagter met die pitte as ’n wurm,” sê Johan Bibbey van Monsanto. Jonathan Francisco en Andries Botha van Cerealis is ook ten nouste betrokke by die ontwerp en vervaardiging van die karretjie.

Skakel Monsanto by 011-790-8254 of besoek hulle webwerwe by www.monsanto.com, www.monsanto.co.za of www.dekalb.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Irrigation Unlimited: Ocmis die leier met wateraangedrewe besproeiing

Bonnox

Bonnox bewaar skaarswild soos goud