in

Monsanto maak erns met die boer se veiligheid.

Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto (links) by Japie Grobler, voorsitter van Agri Securitas wat Bennie Bester, bedryfsbestuurder van Monsanto, se hand skud na die bekendmaking van die R250 000 skenking aan die Agri securitas-trust wat reeds ’n reuse duik in plattelandse geweld geslaan het.

Plaasaanvalle is ’n vraagstuk wat baie swaar op boere se harte druk en die statistieke lyk skrikwekkend. Dit het ongetwyfeld ’n verlammende invloed op kommersiële landbou en plattelandse stabiliteit.

Foto: Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto (links) by Japie Grobler, voorsitter van Agri Securitas wat Bennie Bester, bedryfsbestuurder van Monsanto, se hand skud na die bekendmaking van die R250 000 skenking aan die Agri Securitas-trust wat reeds ’n reuse duik in plattelandse geweld geslaan het.

In reaksie op hierdie nasionale krisis is die trustfonds, Agri Securitas in 1998 deur Agri SA in die lewe geroep om boerderygemeenskappe te help om hulleself asook die gemeenskap rondom hulle te beskerm.

Monsanto is ook bekommerd oor die veiligheid van hulle gewaardeerde kliënte en het verlede week R250 000 aan Japie Grobler, hoof van AgriSecuritas, oorhandig om hulle hand te sterk in die reusagtige taak om veiligheid op die platteland te verseker.

“Ons as Monsanto is baie bekommerd oor die huidige stand van plaasaanvalle en ek glo dat dit ’n invloed op boeregetalle het. Die statistieke wys dat die boeregetalle sedert die vroeë 90’s met 50% verminder het en daar heers ’n bekommernis dat die huidige 40 000 kommersiële boere se getalle in die afsienbare toekoms nog ernstig gaan krimp,” sê Bennie Bester, bedryfsbestuurder van Monsanto.

Agri Securitas is ’n vrywillige organisasie uit nood gebore. “Ons raad van trustees word nie vergoed vir die werk wat hulle doen nie. Dus word diep in die 90% van die geld wat jy vir ons gee op voetsoolvlak aangewend,” sê Japie.

Hy het egter aangedui dat Agri Securitas nie net geld links en regs uitdeel vir elkeen wat ’n veiligheidsinisiatief wil loods nie. Hulle volg ’n beleid waarvolgens die begunstigdes eers geld moet neersit voor Agri Securitas die res van die geld sal lewer. Hulle span hou streng kontrole oor die geld en die bates wat hulle skenk. Elke item, soos nagsigtoerusting, radio’s en glimbaadjies, word geregistreer en een keer per jaar nagegaan.

Agri Securitas werk ook nou saam met die polisie en elkeen van hulle projekte moet eers goedgekeur word.

Monsanto het verlede week ook R100 000 aan Senwes se droogtehulpfonds geskenk.

 

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri Zambia 3

Isuzu brei gewilde KB-modelreeks verder uit