in

Monsanto en Obaro ondersteun plaasveiligheid

This post is also available in: Afrikaans

Die Agri Securitas Trustfonds is dankbaar vir die welwillendheid van twee bekende landboumaatskappye om plaasveiligheid te bevorder. Monsanto en Obaro het vanjaar kragte saamgespan deur ‘n skenking van R1 miljoen aan die Trustfonds. Monsanto het saad aan die Trustfonds geskenk, waarna Obaro dit aangekoop het. Die inkomste van die transaksie is aan die Trustfonds geskenk.

“Dié bydrae kan help om boere en plaaswerkers regoor Suid-Afrika te beveilig,” sê Kiewiet Ferreira, die voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds se ouditkomitee.

Monsanto en Obaro is dit eens dat die Trustfonds die regte voertuig is waarmee boerderygemeenskappe beveilig kan word. Die befondsing deur die Monsanto Legacy Company is deel van die maatskappy se volgehoue verbintenis tot die plaaslike boerderygemeenskap in Suid-Afrika.

“Ons is daartoe verbind om die landelike- en landbougemeenskappe in Suid-Afrika te ondersteun,” sê Kobus Steenekamp, kommersiële bestuurder vir Bayer SA (Monsanto Legacy). “Ons is trots daarop om saam met ‘n instelling soos Agri Securitas te werk om ons boerderygemeenskap, wat boere, plaasbestuurders, werkers en hulle gesinne insluit, te beskerm. Ons hoop dat ons bydrae sal help met die verbetering van sekuriteit vir boere, sowel as die landelike gemeenskappe in ons boerderygebiede.”

“Ons beskou dit as ons moreel-etiese verantwoordelikheid om betrokke te wees by inisiatiewe wat landelike veiligheid bevorder,” sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van Obaro. “Die vooruitgang en ontwikkeling van landbou is almal se verantwoordelikheid. Boerdery kan slegs operasioneel doeltreffend wees indien ons boere en plaaswerkers kan handel sonder om misdaad deurlopend te vrees.”

Die landelike misdaadbedreiging is van so ‘n omvang, dat die boerderygemeenskap steeds ‘n groot bydrae moet maak om hulle eie en hulle plaaswerkers se veiligheid te verseker.

“In die bekamping van plaasmisdaad het die boerderygemeenskap ‘n bondgenoot in die Trustfonds om hulle daarmee te help,” sê Ferreira.

Die Trustfonds bied voortdurend nuwe finansiële vennootskappe vir die sakesektor om hande te vat met die fonds, om die landbougemeenskap as ‘n bate vir die land te help beskerm.

Bron: Agri Securitas Trustfonds

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Landboukorrels

Sterker rand benadeel bokhaarmark