in

Monsanto en Cerealis maak 'n meesterbelegging

Wat is ’n beter manier om vir ’n  graanboer dankie te sê vir sy ondersteuning as om sy planter om te bou in ’n presisiewerktuig?

Uitgesoekte graanboere het Donderdagmiddag die luukse Maslow-hotel in Sandton binnegevaar waar  Monsanto Dekalb en Cerealis Precision ’n  gala-funksie aangebied het om pryse ter waarde van R1.5 miljoen aan gelukkige Monsanto saadkopers uit te deel.

Ter aanloop tot die gelukkige trekking en prysuitdeling het Monsanto en Cerealis ’n kompetisie uitgeloof waar ’n boer outomaties een inskrywing ontvang het vir elke 60 000 pitte wat hy by Monsanto gekoop het.
Die pryse is deur Cerealis verskaf wat spesialiseer in presisieplantbenodigdhede. Daar is 16 pryse ter waarde van R50 000 in presisieplantertoerusting uitgeloof asook twee planterombouiings ter waarde van R280 000. 

Daar was 13 193 inskrywings in totaal en sewe boere uit die oostelike graanverbouiingstreek, sewe boere uit die weste en twee boere uit die Noord-Kaap se besproeiingsstreek is gekies vir die R50 000 pryse. Daarna is die twee groot pryse getrek.

“Vanjaar was ’n besonder produksiejaar waar besonder opbrengste behaal is en ons is dankbaar om deel daarvan te wees. Dit is vir ons ’n groot voorreg om vir boere weer terug te gee vir die harde werk wat hulle gedoen het,” het Kobus Steenekamp bestuurshoof van Monsanto in Suid-Afrika gesê.

Monsanto

Gert Heyns, bemarkingsbestuurder, Monsanto; Gerhard van der Merwe, Vaalwater boerdery naby Newcastle (pryswenner); Neels van Jaarsveld seremoniemeester; Kobus Steenekamp, Monsanto bestuurshoof; Bennie Bester nasionale verkoopsbestuurder; Josey Hendriks, Hoofbestuurder, Precision Cerealis en Gert Coetzee  van GC Coetzee boerdery naby Wesselsbron (pryswenner).

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

VKB gee kwartmiljoen vir plaasveiligheid

Chev stileer hardebaard Trailblazer nog beter