in ,

Moenie in die donker sit nie!

Beurtkrag het ’n deel van ons lewe geword, soos verkeersknope, misdaad en sooibrand. In baie gevalle is dit net ’n irritasie, soos wanneer die kos halfpad gaar is of die sepie op die kassie sonder einde bly, maar wanneer die melkmasjien gaan staan, die pakhuis se verkoeling afgaan en die voerkraal se menger tot stilstand knars, is dit ’n krisis.

Dan moet jou oplossing reeds ge-reed wees. Almal wil graag onafhanklik van Eskomkrag wees, maar dit is duur om ten volle oor te skakel en die tegnologie, veral met betrekking tot die berging van energie in batterystelsels, is nog net nie waar dit moet wees nie.

Die oorskakeling na volhoubare, hernubare energie-oplossings kan onhaalbaar en onbekostigbaar lyk, maar daar is maniere om jouself en jou

boerdery te verskans en daar is kun-diges wat jou kan help om die proses te beplan sodat die koste versag word en jy dalk nog een van die bevoorregtes kan word om jou krag aan Eskom terug te verkoop!

 

Neem die pad na energieselfstandigheid

By die sewende Solidariteit KragDag 2015 by Diamantvallei net oos van Pretoria kom kundiges en maatskappye met oplossings bymekaar in ’n ekspo en seminaar op 26 en 27 Junie.

Trou aan KragDag se leuse “Doen jou eie ding!”, maak die geleentheid vanjaar ook geskiedenis deur die eerste ekspo te wees wat totaal onafhanklik van Eskomkrag aangebied gaan word.

Sowat 200 uitstallers en 6 000 besoekers het verlede jaar die KragDag ondersteun.

Besoekers kan verwag om enigiets te vind om ’n stap te gee in die rigting van selfstandige en vrye voorsiening van energie – van die aanskaf van ’n LUD-gloeilamp tot groot geïntegreerde stelsels wat jou totaal onafhanklik van die netwerk maak.

KragDag verskaf ’n platform vir inligting oor alternatiewe lewenstyl-oplossings. Klem word veral gelê op volhoubaarheid, energievriendelike konstruksiemetodes, waterontginning en -hantering, veiligheid, voedselproduksie, nuwe tegnologie wat jou lewe kan verander, doen-dit-self oplos-sings en ekonomiese vryheidsmodelle. Verder dien dit ook as ’n broeikas vir ondernemers en daar is ’n sub-ekspo vir kinders wat in samewerking met die Vereniging vir Tuisonderwys gehou word.

Alles geskied in ’n heerlike kermis-atmosfeer in die buitelug en daar is ’n pretpark, helikoptervlugte, perderitte, ’n bier- en kuiertuin en ’n groot verskeidenheid te eet en te drink.

Op Vrydag 26 Junie gaan ’n energieselfstandigheidshandleiding bekend gestel word en op Saterdag 27 Junie sien ’n kragkrisis-noodplan die lig. Op albei dae sal ’n praktiese seminaar aangebied word teen ’n geringe koste. 

Besoek www.kragdag.co.za om vooraf te registreer en om die energievryheidpetisie te teken.

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Namponuus: Die wiele rol

Onsekerheid oor oes kniehalter trekkerverkope