in

Mis-maak-geld-met-’n-Jumil-strooier

Die hoofbesigheid van Suikerboschfontein naby Cullinan is eiers. Die 60 000 lêhenne op een van die Weldhagengroep se produksie-eenhede, sorg daagliks vir lekker gesonde, ronde eiers. Maar dit is nie al wat hulle doen nie; hulle mis ook.

Fanus Weldhagen vertel dat hulle vroeër net die mis verkoop het, maar later het hy besluit om self die bemestingskrag van die mis te benut. Hy het ’n kontrakteur gebruik om die mis vir hom op ’n naburige stuk grond te strooi waar hy gras plant om voer te maak.

Dit het soms maar sukkel-sukkel gegaan as die kontrakteur besig is met ander projekte en vanjaar het Fanus Nampo ingevaar met die idee om ’n misstrooier te soek wat hom kan help om oortollige mis weg te ry, grond te bemes, maar ook wat hom nie ’n arm en ’n been gaan kos en veral ’n nuwe, groter trekker nie.

Sy ou getroue Massey Ferguson moet die masjien kan sleep en aandryf en die misstrooier moet dus nie bykomende hidrouliese aandrywing nodig hê nie. By Hennie du Toit van Crop-Tech het hy presies die misstrooier raakgeloop wat hy nodig het: die Jumil 10500 TTD met sy dubbeltandemwiele wat 7,5 m³ mis kan dra.

Fanus sê wat hom veral beïndruk het is die breë sleepketting wat ook die “mispasta”, soos hy dit noem, kan hanteer. Hy sê: “Dit is niks vir ’n misstrooier om fyn droë mis of heel loperige mis te hanteer nie; die probleem is as die samestelling iets tussen-in
is, soos ’n pasta. Dan word dit sommer gou vasgedruk en verstop alles.”
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kort,-korter,-kortste

Biologie werk vir sojabone en mielies