in

Minister Zokwana gee toekennings aan vrouens in die landbou

Overall Winner of DAFF Female entrepreneur awards

Die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, het op ‘n glansgeleentheid toekennings oorhandig aan vroueboere wat deur die Departement aangewys is as top ondernemers.

Die Departement van Landbou sê die doel van die toekennings is om die ingewikkelde marginalisering van vroue in die landbou-, bosbou- en visserybedrywighede reg te stel deur vroue in hierdie sektore uit te sonder.

“Ekonomiese groei en voedselsekuriteit sal slegs versterk en versnel word as pogings verhoog word om te bou op die bydraes wat vroue lewer. Vroue is die hoeksteen van landelike landbou-ontwikkeling en hulle rol in die sektor is onontbeerlik.

“Dit is ons opdrag om die norme en standaarde van die Departement van Landbou se Vroulike Entrepreneur-program in stand te hou in ons strewe na ‘n verenigde en getransformeerde landbou-, bosbou- en vissery-sektor wat voedselveiligheid vir almal en ekonomiese voorspoed verseker,” sê minister Zokwana.

Die wenners van die Departement van Landbou se Vroulike Entrepreneur-toekennings 2017 is:

Beste werker: Zona Moira Nzimande van die Oos-Kaap

Beste bestaansboer: Kobanku Elizabeth Msibi van die Vrystaat

Top Entrepreneur – Kleinboer: Julia Ngwanamosa Madihlaba van Limpopo

Top Entrepreneur – Verwerking: Berene Damons van Wes-Kaap

Top Enterpreneur – Kommersieël: Kedidimetse Rossy Rakgoale van Noordwes

Top Entrepreneur – Uitvoermarkte: Carmelita Cleo Kelly van Wes-Kaap

Ministeriële toekenning – Gestremde Vroulike Entrepreneur: Busisiwe Cynthia Nyathi van Mpumalanga

Ministeriële toekenning – Jong Vroulike Entrepreneur: Berene Damons from Wes-Kaap

Algehele wenner: Kedidimetse Rossy Rakgoale van Noordwes

Bron: Departement van Landbou

Hooffoto: Algehele wenner, Kedidimetse Rossy Rakgoale van Noordwes by die minister van Landbou, Senzeni Zokwana.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

chicken

Nou al 22 voorvalle van voëlgriep: Astral bevestig tweede uitbreking het versprei

ProAgri

ProAgri Zambia 21