in ,

Mielies: Plant jou eie sukses met Monsanto

Derduisende rand se saad, kunsmis, water en sweet word elke jaar op plase regoor die land aan die grond toevertrou. Of daardie geld begrawe word om nooit weer gesien te word nie en of dit geplant word om vir die boer ’n opbrengs te beteken, hang grootliks van die gehalte en aard van die saad af. Dit is hoekom Joël le Roux, ’n wakker boer van die plaas, Boland, langs die Oranjerivier naby Hopetown, en sy twee ewe wakker seuns,  Joël jr en Pieter, Monsanto se mieliesaad verkies.

Monsanto is een van die grootste saadmaatskappye in die wêreld. Hulle is ook die eerste maatskappy wat mielies geproduseer het wat 100% stronkboorderbestand is en hulle het die kortste groeiers in Suid-Afrika (104 tot 115 dae van plant tot fisiologies ryp) vir boere wat meer as een oes per seisoen wil produseer.

Monsanto se beleid is om die boer te help om maksimum wins te maak en terselfdertyd die hulpbronne vir die toekoms te bewaar, want die maatskappy besef dat suksesvolle boere ook Monsanto se sukses verseker.

Die Le Roux’s boer slegs onder besproeiing met mielies, koring en sojabone.

Joël plant vandat hy kan onthou Monsanto se mielies en hy het nog geen probleme met Monsanto se produkte of diens gehad nie. “Ons volg ’n wisselboustelsel en plant sojabone as wisselbougewas. Koring word op die sojalande geplant en mielies weer op daardie lande na die koring,” sê Joël.

95% van Joël se aanplantings is DEKALB, Monsanto se mieliehandelsnaam. Die ander 5% is proewe van ander saadmaatskappye.

Joël se saadpakket is uit die volgende kultivars saamgestel: DKC64-78BR GEN 60% aanplanting vroeër en DKC62-80BR GEN 40% aanplanting later. Albei hierdie kultivars het ’n goeie staanvermoë, goeie graangehalte en uitstekende genetika. Dit het ’n ultra-kort groeiseisoen, presteer goed onder hoë plantdigtheid en die aanbevole plantdigtheid is 95 000 plante/ha en hoër.

DEKALB-basters word plaaslik ontwikkel en getoets vir volgehoue prestasie binne elke betrokke groeiseisoenlengte en omgewingstoestand. DEKALB is daarop gemik om produkte te lewer wat die nuutste kiemplasma met die nuutste biotegnologie-eienskappe verenig vir maksimum opbrengspotensiaal.

Met Monsanto het jy uitstekende beheer oor onkruid met spesiaal-geformuleerde chemiese produkte, soos Roundup, om seker te maak dat jou wins hoër as jou onkruid groei.

Joël verkies Monsanto se saad, want die dubbelgeen van Roundup Ready en Bt vergemaklik die bestuur in terme van onkruid- en stronkboorderbeheer. “Dit dra ook positief by tot opbrengste, aangesien wurmskade in die verlede oesopbrengste geweldig kon benadeel. Aanvullend daartoe is die feit dat die kultivars ’n korter groeitydperk het wat die risiko van ryp verminder by mielies wat na koring geplant word. Hierdie kultivars val ook nie om nie, wat die stroopproses vergemaklik.”

Volgens Joël het sowel Roundup Ready- as Bt-mielies ’n groot omwenteling in boerderypraktyke meegebring. “Die saadkoste is hoog, maar die verhoogde opbrengste as gevolg van beter onkruid- en wurmbeheer, makliker bestuur en beter beheer vergoed ruimskoots daarvoor,” sê hy.

Monsanto se verteenwoordigers voorsien ’n volledige en betroubare voor- en naverkoopdiens wat die boer sal bystaan om die beste produkte vir sy plaas te kies en sy winsgewendheid te verhoog. “My plaaslike Monsanto-makelaars lewer baie goeie diens en raad. Dit is die twee belangrikste eienskappe, naas die gehalte van ’n produk wat vir ’n boer saakmaak,” sê Joël.

Volgens hom is Monsanto se landboukundige bystand ook van hoë gehalte.

Die rekord-opbrengs per hektaar wat hy al op lande aangeteken het, is gemiddeld tussen 16 en 17 t/ha met stropermonitors wat aandui dat die opbrengs nog heelwat hoër kan wees op sekere dele van die lande. “Seisoenale omstandighede speel ’n belangrike rol, maar die kultivars het dus sekerlik nog ’n hoër opbrengspotensiaal onder ideale omstandighede. DEKALB se DKC64-78BR GEN-, sowel as hulle DKC62-80BR GEN-kultivar het dit al bereik,” voeg Joël by.

Monsanto se slimkop-mielietelers is ook voltyds besig om nóg beter kultivars te ontwikkel om die uitdagings van môre en oormôre die hoof te bied. So het Monsanto nuwe kultivars vir besproeiing in die Hopetown-omgewing ontwikkel, wat vir die 2016-mielieseisoen beskikbaar sal wees: Die opbrengspotensiaal van die nuwe basters, DKC64-54BR en DKC65-52BR, is nog beter as die vorige DEKALB-kultivars.Hierdie kultivars het ook ’n lae kopplasing, wat vir die boer die voordeel inhou dat die plante moeiliker omval en makliker stroop.

Kontak Magda du Toit by 082-388-0187 of stuur vir haar n e-pos by magda.du.toit@monsanto.com vir meer inligting oor die voorsprong wat Monsanto vir boere bied.

Pieter en Joël jr (Joël le Roux se twee seuns) wys watter klas mielies hulle op Boland in die Hopetown-distrik met Monsanto se saad produseer.
Pieter en Joël jr (Joël le Roux se twee seuns) wys watter klas mielies hulle op Boland in die Hopetown-distrik met Monsanto se saad produseer.

DKC64-78BR GEN maak lekker groot, swaar koppe.
DKC64-78BR GEN maak lekker groot, swaar koppe.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nuwe wapen vir die boer: Closer™ knikker skadelike insekte uit

Dom Boer se lag vir die dag: