in , ,

Mertoun Dormers: Goeie genetika, streng seleksie in ekstensiewe omstandighede

This post is also available in: Afrikaans

Die plaas Mertoun is geleë 10km vanaf Rhodes, in die Suidelike Drakensberge van die Noordoos Kaap, ongeveer 6km van die Lesotho grens. In hierdie berge word sedert 1988 kommersieël met Dormers geboer.

Die eerste Dormer ooie is aangekoop van die legendariese wyle Basie Vosloo, van Birkhall Dormers, in die Barkly Oos-distrik. Mertoun Dormers se eerste ooie word in 2007 by Stamboek geregistreer wat deur Kobus Church van Leeukop Dormers gekeur is. In 2011 word Mertoun Dormers as ‘n stoet geregistreer (met ons kenteken GH).  Stoetooie is aangekoop van Leeukop Dormers, Johanri Dormers, Jabu Dormers en 2 Broers.

Saad van ramme wat gebruik is vir laparoskopie in die stoet en kudde:

L00227Wilhelm Louw
CN0361Chris Nel
DZ1417Droërivier Dormers, Dirk van Zyl
DZ1420’n “Dikgat” seun van Droërivier Dormers, Dirk van Zyl
JB1417“Dapper” ‘n Barnard seun van Kalkvley Dormers, Coleen van der Merwe
JH1460“Baksteen” ‘n “Dik Piet” seun van Kairos Dormers, Danie Thomas
JP1528‘n “Chopper” seun van Welpic Dormers, JP Potgieter
JB15119“Cruizer” ‘n “Barnard” seun van Kairos Dormers, Danie Thomas
JB1683“Bombardier” van Hugo Dormers, Schalk en Anelle Hugo
JB1684“Apollo” van Nova Barletta, Lodi en Chrizelle van Reenen
JH 1713Kairos Dormers, Danie Thomas. (hierdie ram se Ma is die legendariese JH1491 wat nog as die duurste ooi tans in SA verkoop is)

Van die ramme wat aangekoop is deur Mertoun Dormers is onder andere:

JB08180Johanri Dormers, Johan Barnard
JB08195Johanri Dormers, Johan Barnard
T11047Twee Broers, Tjaart Steenekamp, ‘n “Sambok” seun (JJ0724)
JB1576Johanri Dormers, Johan Barnard, ‘n “Barnard” seun
J18186Leeukop Dormers, Cobus en Charles Church, ‘n seun van (J16162) wie se pa (VE13035) is, die legendariese “Coenie” se pa

JH 18153: DAAN

Hierdie “Cruizer” seun spog met ‘n besondere ma, JH14015, een van Kairos Dormers se top ooie.  Dié ram is deur Mertoun Dormers en 2 Broers aangekoop van Kairos Dormers.

 “Daan” is die pa van “Oorlog” SL2011, geteel deur 2 Broers, wat vanjaar (2021), gekoop is deur Hatari Dormers, vir ‘n nuwe SA Rekordprys van R350 000 op die Nasionale Dormer Veiling te Bloemfontein!

JB18116: KETTING

“Ketting” is aangekoop van Johanri Dormers op hul produksie veiling in 2021. “Ketting” se pa is JT16062 van Remkuil Dormers, Johannes du Toit.  JT16062 se pa is K1397 van Jabu Dormers, Kobus Beyers. “Ketting” se ma is JB1367 ‘n baie besonderse ooi van Johan Barnard, hierdie ooi se pa JB09007 het ook geen bekendstelling nodig nie. 

Johan Barnard die teler van die legendariese ramme “Barnard”, “Apollo” en vele ander  beskou “Ketting” as een van sy beste ramme óóit! Nie net het die ram ‘n uitsonderlike bouvorm nie maar goeie syfers ook!  Wat ‘n voorreg om met so ram te kan teel! Mertoun Dormers is baie opgewonde oor die seuns en dogters wat alreeds gebore is!

Mertoun Dormers is geseënd met Elite en Alpha toekennings deur die jare. Dit is vir ons ‘n groot inspirasie om aangepaste diere te teel en beskikbaar te stel aan kopers regoor Suid Afrika. Die goeie terugvoer van ons ambassadeurs regoor Suid Afrika maak ons nederig trots en dankbaar.

Mertoun Dormers streef daarna om met goeie genetika, streng seleksie in ekstensiewe omstandighede, meer vleis te kan produseer met aanpasbare diere.

Mertoun Dormers bied met trots hul Produksieveiling Saterdag die 5de Maart om 11h00 te Be Human, Bloemfontein aan. Kom geniet die dag saam met ons waar top kwaliteit diere onder die hammer kom. Daar sal diere wees van verskeie bloedlyne en top genetika. Indien jy ‘n top kruisteel- of stoetram soek is dit die plek om te wees. Daar sal ook stoet ooie dragtig van Daan en Ketting aanebied word asook saad van Ketting. Moenie uitmis nie!

Kliek op die onderstaande skakels vir meer inligting:

https://agri4all.com/product/top-genetika-te-koop-op-mertoun-dormers-produksieveiling-5-maart-2022-11-00-bloemfontein-40011-south-africa

https://agri4all.com/product/hou-die-datum-oop-saterdag-5-maart-2022-11-00-mertoun-dormers-produksieveiling-40273-south-africa

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

South African legislation is missing an all-inclusive Act that will enable rather than curtail the industrial Cannabis industry

Erosion control in Malawi: Part 2