in

Merinwolmarkaanwyser-styg-met-1,5-persent

Die wolseisoen bly tans mooi stabiel en die merinowolmarkaanwyser toon nie enige ernstige skommelinge nie.

Op die 21ste wolveiling van die 2014/2015 seisoen het die Cape Wools merinowolmarkaanwyser met 1,5% gestyg om op 11130c per kg skoon te sluit.

Die gemiddelde skoonwolprysaanwysers vir goeie gehalte lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:

18 µ  12084  (0,1%)                21 µ 10786 (1,9%)

19 µ  11509  (onveranderd)    22 µ  10552 (-0,5%)

20 µ  10907  (2,8%)                23 µ  10097 (2,0%)                                               

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool (2,143 bale), G Modiano (1,424 bale), Lempriere South Africa (1,180 bale). Van die 6,199 bale wat aangebied is, is 6,103 bale verkoop (98%).

Die drie boere wat die hoogste pryse vir hulle vetwol op die BKB veiling verdien het, was CJM Schmidt & Seun van Dordrecht (9360c) vir 17.5µm en 71.0% skoon; WJJ Jansen Van Rensburg, Wakkerstroom (9100c) vir 16.2µm en 70.7% skoon en JHA Prinsloo van Volksrust (9000c) 18.4µm en 71.7 skoon%

BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hul prestasies. Die volgende veilingkatalogus, P22 sal op 18 Februarie 2015 gehou word.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Vaartbelynde nuwe Ford Fusion vir Suid-Afrika

Kom leer meer oor die waarde van diere-aantekeninge.