in

Meer trekkers en stropers in 2017 as 2016 verkoop

Trekkerverkope van 417 eenhede in Desember is aansienlik (20%) hoër as die 348 eenhede wat verlede Desember verkoop is. Vir die 2017-kalenderjaar is trekkerverkope nou byna 9% meer vergeleke met verkope in 2016.

Stroperverkope van vier eenhede is drie eenhede minder as die sewe eenhede wat verlede Desember verkoop is. Stroperverkope vir die 2017-kalenderjaar is ongeveer 5% hoër as verkope in 2016.

Trekkerverkope in Desember was meer as die gemiddelde verkope. Dit dui daarop dat die mark steeds positief is, ten spyte van die laat en wisselvallige reënval, veral in die westelike en noord-westelike somergewasstreke. Die laat reën kan beteken dat sekere boere besluit het om sonneblom aan te plant in plaas van mielies. Vooruitsigte vir verkope oor die volgende paar maande sal grootliks afhang van weersomstandighede.

Ramings in die bedryf dui daarop dat trekkerverkope vir die 2018-kalenderjaar min of meer sal ooreenstem met verkope vir 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

Wolmark styg met 0,2%

Dom Boer se lag vir die dag: