in

Meer stropers in Junie 2016 verkoop

Minder  landbouwerktuie word vanjaar verkoop as gevolg van die droogte, maar tog is stroperverkope vir die maand, Junie, meer as verlede Junie, berig die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie.

Trekkerverkope van 385 eenhede in Junie is byna 25% laer as die 512 eenhede wat verlede Junie verkoop is.  Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 11% laer as verkope vir die vorige jaar.   Stroperverkope van 19 eenhede in Junie is drie eenhede meer as die 16 eenhede wat verlede Junie verkoop is.  Vir die jaar tot dusver is stroperverkope wel ongeveer 12% laer as verkope vir die ooreenstemmende vorige tydperk.

Hoewel sentiment in die mark positief is, wag baie boere voordat hulle besluite neem oor aankope, terwyl hulle somergewasse geoes word.   Op die oomblik is boere omsigtig en hulle “wag en kyk” voordat hulle trekkers koop vir die komende somerplantseisoen.  Die mark sal waarskynlik ᾿n bietjie bedruk bly vir die volgende maand of twee.  Sodra boere seker is oor hulle opbrengste en die grond voorberei moet word vir die aanplant van somergewasse, behoort daar ᾿n beter beeld te wees van die neiging vir toekomstige trekkerverkope.

Ramings in die bedryf volstaan dat trekkerverkope in 2016 laer sal wees as verlede jaar, dalk met tussen 15 tot 20% laer.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA se Droogterampfonds

Agbiz Graan se mini-simposium