in ,

Masjiene wat langer werk, werk langer met Shell se Rimula-olie

Shell
Sondre Vervoer en Gas se perseel in Kimberley.

This post is also available in: Afrikaans

Die groot uitdaging om winsgewend te boer vereis dat boere in net die beste tegnologie vir hulle plase belê, maar ook in die beste smeermiddels om daardie tegnologie te alle tye aan die gang te hou. Dit is waarom wyse boere Shell se betroubare Rimulasmeermiddels verkies om te verseker dat hulle duur, gevorderde masjiene sal aanhou werk en hulle nie in die plant- of stroopseisoen in die steek sal laat nie.

Sondre Vervoer en Gas in Kimberley is die grootste verspreiders van Shell se smeermiddels in die Noord-Kaap. Hulle het ’n wye reeks olieprodukte beskikbaar spesifi ek vir die landboubedryf. Hulle het ook agente in die Noord-Kaap by Postmasburg (JTM Agencies) en Christiana (Agri Bande). Sondre Vervoer en Gas is ook ՚n vervoermaatskappy en vurkhyserverhuurder. Hulle lewer Shell se smeermiddels aan kliёnte in Kimberley en omliggende gebiede af en glo daaraan om die ekstra myl vir hulle kliёnte te loop.

“Shell is ՚n betroubare maatskappy en hulle produkte word volgens internasionale standaarde getoets,” sê Adriaan Steyn van Sondre Vervoer en Gas.

“Talle toetsresultate bevestig dat Shell se smeermiddels ՚n langer lewensduur het wat versieningsintervalle met 200 uur verleng. Dit bespaar vir die boer geld en tyd terwyl sy masjiene steeds die voortreflikste beskerming geniet.”

Shell se Rimula-smeermiddels beskerm enige masjien waarin dit gebruik word. Dit kom in die R2-, 3-, 4-, 5-, 6- en Rimula R6 Ultra-reeks. Nog goeie nuus is dat boere nou Rimula R4X 15W40 se verpakkings van 1 000 liter, 209 liter, 20 liter en 5 liter teen groot afslagpryse kan koop – slegs by Sondre Vervoer en Gas.

Adriaan sê elke boer behoort Shell se Rimula-smeermiddels vir sy masjiene oorweeg om die volgende redes:

  • Beskerming teen suur

Suur wat deur verbranding in die enjin vrygestel word, kan in die krukkas beland. Lae gehalte olie beskerm dikwels nie hierdie belangrike onderdele nie, wat tot wegvreting van sensitiewe oppervlaktes kan lei en uiteindelik ՚n enjin se lewe voortydig beëindig. Shell se Rimula-olie bevat kragtige antioksidante wat chemies aanpas om suur te neutraliseer voor dit die olie kan afbreek en die enjin kan beskadig.

  • Beskerming teen neerslag

Enige vuiligheid in jou enjin, of dit van die suiers af kom of uit die krukkas, kan die enjin se doeltreffendheid belemmer en brandstofkoste opjaag. Shell se Rimula-dieselenjinolie bevat molekules wat aanpas om neerslagvormende deeltjies te keer en te verwyder om enjins skoon te hou.

  • Beskerming teen slytasie

Beskerming teen verwering is veral deurslaggewend belangrik by hoëdrukkontakpunte, soos die suiers teen die silinders, en die nokas- en krukaslaers. Shell se Rimula-dieselenjinolie het aangepaste molekules wat ontwerp is om in hitte- en druktoestande ՚n beskermende lagie te vorm om die enjindele teen slytasie te beskerm.

Daar is geen twyfel nie: Shell se Rimula-olie is die beste vir jou werktuie se enjins. Rimula R4X 15W40 is tot 31 Mei 2018 teen winskooppryse slegs by Sondre Vervoer en Gas in Kimberley beskikbaar. 

Kontak Sondre gerus by 053-831-5083 of stuur ՚n e-pos na ajsteyn@sondrekby.co.za om die betroubare smeermiddel vir jou masjiene aan te koop. Jy kan ook www.southafrica.shell.com besoek om te sien waar al hulle ander verspreiders in Suid-Afrika is. Geen boer hoef sonder Shell te bly nie.

Bestel jou smeermiddel teen afslagprys vandag nog! Stuur jou naam en “ProAgri” in jou WhatsApp om ‘n geskenkie van Sondre te ontvang.

Shell
Shell se Rimula-enjinolie is ՚n betroubare smeermiddel vir elke boer se masjiene en is tot 31 Mei teen ‘n afslagprys by Sondre Vervoer en Gas beskikbaar.

Shell
Sondre Vervoer en Gas in Kimberley is trotse (en ook die grootste) verspreiders van Shell-smeermiddels in die Noord-Kaap.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Vrystaat Krippe

Vrystaat Krippe hou lewenslank