in

MacDon-A30-D:-Geniet-die-toppunt-van-snyerkneusertegnologie

Elke voerboer weet: Die natuur laat jou ’n beperkte tyd toe om jou lusern, hawer of wat ook al te sny en te baal of in te kuil. As jy nie die werk binne daardie venstertyd kan klaarmaak nie, is verliese jou voorland.

En al was dit nie so nie, is ’n boer nie een wat daarvan hou om onnodig te sloer met ’n taak nie, want daar is altyd ’n honderd-en-tien ander werke wat wag.

Die MacDon A30-D-snyerkneusertafel kan met sy lang, stewige, slim disselboom agter ’n trekker gebruik word, of voor aan ’n MacDon M150-selfloper gemonteer word.

Dis hoekom boere so bly is oor die vernuftige, ratse en betroubare MacDon A30-D-snyerkneusertafel met sy onversadigbare aptyt vir snywerk.

Hierdie snyertafel kan voor aan ’n MacDon M150-selfloopsyer gemonteer word, of met ’n spesiale groot, stewige disselboom agter aan ’n trekker, om die boer se besondere keuse en omstandighede te pas.

As voermaakvensters vir die boer belangrik is, dan is dit nog ernstiger vir die sny- en baalkontrakteur wat ’n hele klomp boere se voer moet sny. So ’n kontrakteur is JW Swart van Buffeljagsrivier en sy twee seuns, Waldo en Jurie, wat prontuit verklaar dat hulle dit glad nie kan bekostig om met enigiets minder as die allerbeste toerusting te werk nie.

Waldo en Jurie Swart van JW Swart Vervoer- en Stroopkontrakteurs by Buffeljagsrivier stem saam dat die MacDon A30-D ’n snyerkneuser is waarop ’n man kan reken as spoed en doeltreffendheid vereis word.

Dit is hierdie drang na die allerbeste wat hulle die MacDon A30-D-snyer-tafel laat aanskaf het. Hulle het vorige ervaring van Vitamech se kundige en flinke diens en hulle weet reeds dat MacDon regoor die wêreld aansien geniet as vervaardiger van werktuie van die hoogste gehalte.

Waldo het die eerste beurt gehad om met die snyer te werk en sy oë blink. Dis maklik en lekker om met hom te werk, sê hy, en die enigste ding waarmee hy sukkel is om deur sommige boere se nou hekkies te kom met die snyer wat 4,9 m wyd is. Daar is ook ’n 5,5 m-model wat nou hekke nog meer ongewens sal maak.

Die MacDon A30-D sny wyd, vinnig, skoon, netjies en volledig, sê Waldo, en alles aan hom werk saam om doeltreffendheid en betrou-baarheid te verseker, van sy stewige sekellemsnystaaf en rubbervinger-opteller tot sy kneuser en verstelbare windrygooier.

Die kneuser bestaan uit twee verstelbare inkamstawe van staal, aangedryf deur ’n hidrouliese motor. Die kneuser word vanuit die trekkerkajuit beheer om materiaal onveranderd deur te laat of enigiets tussen effens geknak en goed platgedruk te lewer, of om heeltemal oop te maak om verstoppings deur te laat.

Vir al hierdie werk vereis die 4,9 m-model ’n skamele 83 kW trekkerkrag en die 5,5 m-model 98 kW.

’n Welkome kenmerk is MacDon se unieke krinkkragdraaivermoë (articulated power turn), wat jou in staat stel om so knap te draai dat jy met net twee keer se sny ’n nuwe vak kan oopmaak.

’n Belangrike voordeel, sê Jurie, is die feit dat Vitamech se mense oopkoppe is wat begrip vir hulle kliënte se situasie het. Hulle het self kom seker maak dat alles regloop en met hierdie soort rugsteundiens is hulle landwye handelaarnetwerk heeltemal daartoe in staat om die boer die beste diens te bied wat verseker dat staantyd iets is waarvan jy maar net by jou bure met gewone snyers hoor.

Die slim ontwerp en stewige vervaardiging van die snyer boesem nog meer vertroue in. “Dis ’n eenvoudige, goeie ding sonder enige elektroniese goetertjies wat hom kan laat breek en staan,” sê Jurie Swart.

Vir meer inligting oor die MacDon A30-D en Vitamech se ander boervriendelike werktuie, praat met Jurie Swart by 021-907-8000 of 083-375-8840 of e-pos jurie@vitamech.co.za. Besoek ook www.vitamech.co.za en www.macdon.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TREOC-Eiendomsbelegging-(deel-1):-Tradisionele-maniere-om-in-eiendom-te-belê

Tata-is-die-tawwe-trok–vir-flink-vervoerwerk!