in ,

Maak kluite krummels met Southtrade se CultiRateau

This post is also available in: Afrikaans

Die groot versameling vrugte- en groenteboere in die Loire-vallei naby Nantes is ’n bewys van die streek se uitstekende verbouingstoestande. Hierdie vrugbare gebied teen die Franse Atlantiese kus is ook die plek waar die sweiser, Tony Simon, met sy vrugbare brein in 1960 die geleentheid gesien het om sy ambag en die streek se behoeftes saam te smelt in ’n baie winsgewinde onderneming. Kort daarna het hy begin om grondbewer-kers, saadbedvoorbereiders, stropers, primêre wasmasjiene en poleerders vir verskeie groentesoorte te bou. In 1991 het hy die onderneming aan die Query-familie verkoop.

In 1968 is die Simon CultiRateau P-saadbedvoorbereider gebore. Hierdie werktuig het gou die maatskappy se vlagskip geword en vandag het die ongeveer 100 stuks Simon-span saamgewerk om meer as 5 000 van die eenhede te bou.

Die CultiRateau is spesiaal ontwerp om wortel-, uie-, beet- en slaaibeddings voor te berei. Met die hulp van Southtrade en hulle agente regoor die land, het hy nou sy voete in Suid-Afrika gevind. Southtrade glo vas in hulle produkte wat hulle versigtig van regoor die wêreld uitkies en onder plaaslike toestande op boere se plase toets. Dawie Rothmann van Rothmann-boerdery buite Brits was onlangs een van die gashere wat ’n splinternuwe CultiRateau in sy lande kon sien werk. Genius Landini, Southtrade se agent in die Brits-streek, het die geleentheid gereël.

“Ek is bly ons kon die proeflopie op my plaas doen en ek is baie beïndruk met die resultate. Dit lyk beslis of die saad baie maklik sal ontkiem,” sê Dawie.

Soos enige gehalte Europese werktuig, is die CultiRateau gebou om daardie broodnodige presisieresultate te bied. Daarbenewens is die werking eenvoudig. Die bewegende dele bestaan uit twee rollers met sny- en kaplemme. Die voorste roller draai in die rigting waarin die trekker beweeg en sy snylemme bewerk die grond omtrent 25 cm diep. Die tweede rotor draai in die teenoorgestelde rigting en sy kaplemme werk vlakker om kluite nog fyner te kap en om ’n tafelgladde saadbed van 4 cm diep agter die masjien te vorm om die perfekte ontkiemingsomstandighede te verseker.

Die CultiRateau tower selfs rou lande om na gelyke saadbeddings. Die kouters word dan net dieper gestel om die nuwe afvoerslote te sny. “Ons vervaardig die CultiRateau in breedtes van 1,45, 1,65 en 1,85 meter, sodat dit netjies in die trekker wat die boer gebruik, se spore kan volg,” sê Maarten Tromp, Simon se streeksbemarkingsbestuurder vir Europa en Afrika.

Die masjien word deur die trekker se aftakker aangedryf en benodig tussen 54 en 66 kilowatt.

Bart Tyssen senior is die eienaar van Genius Landini in Brits en het jare ondervinding in die handel van werktuie. Met sy geoefende oog kon hy dadelik die voordele wat die masjien inhou, raaksien. “Ek is baie beïndruk met die werking van die masjien en die bedding wat hy vir jou los. Die ma-sjien gaan minder brandstof gebruik en heelwat minder stremming as sy mededingers op die trekker plaas,” sê hy. Vir die ernstige groenteboer kan die CultiRateau in drie eenhede langs mekaar gelewer word.

“Ons sal al die slytonderdele as standaard op ons rakke aanhou en die res, soos die bakpaneelonderdele, uit Frankryk kan invlieg as dit moet,” sê Bart.

Om hierdie CultiRateau van nader te leer ken, kan die volgende persone gekontak word: Bart Tyssen (jnr) van Genius Landini by 079-607-4167 of sales@landinibrits.co.za; Gerhard Kriek van Southtrade by 079-524-2786 of marketingsa7@gmail.com, of Maarten Tromp van Simon by mtromp@cfsa.fr.

Links: Andries Zita, trekkerdrywer van Rothmann-boerdery; Bart Thyssen senior, mede-eienaar van Genius Landini, Dawie Rothmann, boer; Maarten Tromp, streeksuitvoerbestuurder van Simon; Gerhard Kriek, streeksbemarkingsbestuurder van Southtrade; Bart Thyssen junior, mede-eienaar van Genius Landini, en Vincent Houdeville, uitvoerstreeksbestuurder van Simon, was almal teenwoordig om te sien hoe Simon se CultiRateau wat Southtrade invoer sy waarde in Brits se groentelande bewys.
Links: Andries Zita, trekkerdrywer van Rothmann-boerdery; Bart Thyssen senior, mede-eienaar van Genius Landini, Dawie Rothmann, boer; Maarten Tromp, streeksuitvoerbestuurder van Simon; Gerhard Kriek, streeksbemarkingsbestuurder van Southtrade; Bart Thyssen junior, mede-eienaar van Genius Landini, en Vincent Houdeville, uitvoerstreeksbestuurder van Simon, was almal teenwoordig om te sien hoe Simon se CultiRateau wat Southtrade invoer sy waarde in Brits se groentelande bewys.

Die bedding wat die CultiRateau agterlaat is iets om te bewonder, selfs waar die grond te nat is om dadelik te plant.
Die bedding wat die CultiRateau agterlaat is iets om te bewonder, selfs waar die grond te nat is om dadelik
te plant.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Valtra is die sinvolle trekkerkeuse: Hou eienaarskapkoste laag en werkverrigting hoog

So stap ons deur NAMPO