in

Like Father Like Son-wynreeks bekend gestel

wyn

Bon Courage Wynlandgoed, geleë in die Robertsonwynvallei, het die nuwe verpakking van hulle gewilde Like Father Like Son-wynreeks bekend gestel.

Die nuwe ontwerp beeld die parallelle silhoeëtprofiel van ‘n pa en seun uit.  Dít simboliseer die hegte skouer aan skouer-band wat al oor drie geslagte tussen die Bruwers van Bon Courage heers. Dit dien ook as ‘n uitnodiging aan die verbruiker om simbolies deel te raak van hierdie familie en sy tradisies deur die produk van hulle familiekameraadskap te geniet. Die drie wyne in dié reeks is onopgesmuk en sonder tierlantyntjies, dus is die ontwerp eenvoudig, ontspanne en vriendelik – soos ‘n Sondagbraai saam met die familie.

Wyne in die reeks

Die drie wyne in die Bon Courage Like Father Like Son-reeks is ‘n chenin blanc, ‘n merlot/cabernet sauvignon versnit sowel as ‘n pinotage rosé.

Koste

Die wyn is teen R39 per bottel by die kelder beskikbaar asook landswyd by verskeie drankwinkels, Pick ‘n Pay, Spar en Makro teen handelsprys.

Die Landgoed

Bon Courage is geleë in die skilderagtige Robertsonvallei – dikwels genoem die vallei van wyn en rose en welbekend as tuiste van sommige van Suid-Afrika se topwyne. Bon Courage is trots op ‘n wye reeks nasionaal en internasionaal bekroonde wyne wat jaar na jaar volgehou presteer en bevorder word deur die Landgoed se diverse terroir. Dit spreek van uitnemende gehalte en Bon Courage se groot bydrae tot die Robertsonvallei se sukses as een van die top wynroetes in Suid-Afrika.

Familieverhaal

Die statige Kaaps-Hollandse herehuis dateer uit 1818 en is sedert 1927 die tuiste van drie opeenvolgende geslagte Bruwers. Dis juis hierdie span,  André en sy twee seuns, Jacques en Pieter, se familiewaardes, toewyding en passie wat gereken word as die geheim tot Bon Courage se sukses.

 

Vir meer inligting skakel Bon Courage by 023 626 4178 of wine@boncourage.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/pages/Bon-Courage-Wine-Estate/279611185844

Twitter: @BonCourageWines

Instagram: boncourage.estate

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

grappe

Dom Boer se lag vir die dag:

mc donalds

McDonalds SA sal 100% hok-vrye eiers gebruik