This post is also available in: Afrikaans
Dis braaityd! Pap en Sous is op die spyskaart. Jy weet jy het nog daai lastige blikkie Tomato & Onion agter in die kas, maar dis darm nou nie ‘n goeie pot pap werd nie.
Jy benodig:
- 1 blikkie Tomato & Onion mix
- ½ koppie woestersous
- ½ koppie tamatiesous
- ½ koppie suiker
- Sout en peper na smaak
Nou maak jy so:
- Gooi al die bestanddele in ‘n kastrol.
- Kook op matige hitte vir 20 min
- Sit warm voor saam met jou Pap.
*Hierdie resep kan jy ook vir jou lasagne gebruik, of enige ander dis.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.