in

Legendariese Alphine Braunvieh hou algehele uitverkoping

Oom Philip Wessels (bekend as Flip) boer sedert 1979 by Winburg in die Vrystaat met sy Braunvieh-stoetbeeste. Die stoet is oorspronklik in 1936 deur sy ma, Bessie begin. Flip is tagtig en kan nie meer by alles van die boerdery uitkom nie en die enigste persoon wat belangstel om te boer is sy kleinseun, Philip (jnr) wat nog op hoërskool is. Daarom hou hulle ‘n groot Legendariese Alphine Braunvieh Algehele Uitverkoping op 9 Mei om 11 uur op hulle plaas (Wilgerboomplaas) te Winburg.

Die stoet het gegroei na bykans 500 beeste wat op 2 500 hektaar wei.

Die Braunvieh is ’n minder bekende beesras en Flip het slegs vier veilings in sy 62 jaar van teling gehad. Hulle het nooit geadverteer nie en vandag is daar maar slegs 36 telers in Suidelike-Afrika.

Hulle onvergeetlike aanbod:

  • 85 koeie – dragtig of met kalf of 3-in-1
  • 44 verse ouer as 1 jaar – oop en dragtig
  • 17 speenverse
  • 3 stoetbulle
  • 14 Fase D getoetste jong bulle ouer as twee jaar

Meer oor Braunvieh (Bruin Swiss):

Die Braunvieh het vinnige groei, goeie bespiering en bouvorm. Die dier is ’n medium- tot grootraam dubbeldoelbees wat ontwikkel is vir optimale vleis- en melkproduksie. Die Braunvieh is’n baie vrugbare ras en koeie van 12 jaar en ouer produseer nog jaarliks. Vandag kom die ras in meer as 60 lande voor met oor die 7 miljoen geregistreerde diere in die kuddeboeke.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bredasdorp

‘n Kaapse NAMPO

Bly paraat!