in , ,

Neem volle beheer oor jou boerdery: Hou ՚n beter oog oor jou boerdery met The Climate Corporation se Climate FieldView

This post is also available in: Afrikaans

Moderne boerdery behels toerusting wat “slim” van aard is. Soos tegnologie in Suid-Afrika bevorder word hierdie toerusting ook meer algemeen en stel dit produsente in staat om deel te neem in die gebruik van wêreldklas tegnologie. Al meer van hierdie tegnologie verskaffers betree die Suid-Afrikaanse mark, wat sin maak aangesien ons produsente honger is vir groei en om in staat te wees om in die wêreld markte te kan kompeteer.

Wat werklik hierdie toerusting en tegnologie afrond is die feit dat dit vir die produsent inligting en data verskaf wat nie so maklik toeganklik was in die verlede nie, of moeilik was om te analiseer vir gebruik in besluitneming. Die tegnologie kan ook oor en weer toegepas word en kan selfs op jou slimfoon of tablet saam met jou beweeg deur die toepassings af te laai.

Daar is reeds verskeie produkte op die mark wat jou trekkers en werktuie “slimmer” kan maak, maar dit is in baie gevalle baie duur, en elke trekker en werktuig moet met sy eie slimtoestel toegerus word. Daarna moet al die inligting deur middel van ՚n USB-stokkie van die toerusting na ՚n rekenaar oorgedra word, waarop die boer vir homself sigblaaie kan bou om die inligting te verwerk. Dit is ՚n omslagtige en tydrowende proses. Daarom is The Climate Corporation se Climate Fieldview™ ՚n platform wat produsente se besluitneming en bestuur sal vergemaklik en vereenvoudig. Die stelsel laat jou toe om inligting van byna alle toerusting op die plaas in te samel, ongeag van die fabrikaat, en berg alle inligting op een sentrale plek.

Die inligting word ook in ՚n visuele, verstaanbare formaat gelewer sodat die boer nie nodig het om na die tyd nog ure lank met sigblaaie hoef te sukkel nie. Al wat die boer nodig het vir die stelsel om doeltreffend te werk is die Climate FieldView™ Drive wat in die trekker se kajuit ingeprop word, en ՚n iOS Tablet wat deur Bluetooth aan die Climate FieldView™ Drive gekoppel word. Historiese data kan ook ingelaai word. Die Climate FieldView-toepassing waarmee al die inligting vir die boer verwerk en sigbaar gemaak word, word van die web afgelaai. ՚n Eenjarige toetsprogram is beskikbaar waarna die hernuwing dan gefaktureer sal word.

Alle kostes en inligting is op die webtuiste beskikbaar. Bayer het onlangs in Pretoria ՚n bekendstelling gehou wat ook regstreeks aanlyn beskikbaar was om meer inligting oor die Climate FieldView™-stelsel te verskaf.

Die stelsel werk so:

Terwyl die werktuie deur die landerye beweeg, word die inligting deur die Climate FieldView™ Drive ingesamel. Hierdie inligting word dan deur middel van die toepassing op die iOS tablet toestel vir die boer ten toon gestel. Die boer kan een so ՚n stelsel aanskaf en dit sonder moeite skuif van die planter, na die stroper sonder om enige hulp van draadwerkkundiges te kry.

Alle inligting wat ՚n boer nodig het om goeie besluite vir sy boerdery te neem word dan op ՚n visuele, verstaanbare manier ten toon gestel met behulp van kaarte. Hoe meer inligting in die platform gevoer kan word, hoe beter prentjie word verskaf van wat op die boerdery aangaan. Die kaarte kan verskillende lae wys sodat die boer alles, van die wisseling in grondtipes, tot die plantdigtheid en kunsmistoediening op een skerm kan sien. Onder andere kan grond data ook ingelaai word om jou grond potensiaal te grens.

Daar word ook weeklikse satelietfotos na die stelsel gestuur sodat die boer elke week n oorsig van sy lande kan kry. Wat hierdie stelsel nog beter maak, is dat die boer al hierdie inligting met ՚n landboukundige span kan deel indien hy sou wou. Die landboukundiges en ander adviseurs kan hierdie inligting gebruik om die boer te help om sy eie, unieke voorskrifkaarte te skryf vir die hoeveelheid saad wat geplant moet word om die gewensde stand te kry, en die hoeveelheid kunsmis wat toegedien moet word om die gewasse sonder vermorsing te voed.

Hierdie voorskrifkaarte wissel om by elke deel van die plaas aan te pas na gelang van die verskillende grondtipes en ander faktore wat ՚n rol mag speel. Soos met enige sagteware, is daar funksies wat mettertyd opgegradeer moet word. Die tegnologie vorder ook teen so ՚n spoed dat dit wat vyf jaar gelede gewerk het, nie noodwendig vandag meer die beste is nie. Daarom het Climate Corporation die Climate Fieldview™-stelsel so ontwikkel dat dit jare lank toepaslik sal bly. Die stelsel is so ontwerp dat daar plek sal wees vir uitbreiding soos wat die tegnologie ontwikkel.

Om meer uit te vind oor hoe Climate FieldView™ jou kan help om ՚n beter oog op jou plaas te hou, kontak jou naaste Bayer Crop Science-tak of besoek die webwerf www.climatefieldview.co.za  / www.bayer.co.za/ www.dekalb.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU SA verwerp Cele se verskonings oor DNS-agterstand

Orthman snoei koste en steun groei: Presisie-strookbewerkingkonferensie