in

Lede van AFASA kry veebestuurstelsel in die palm van die hand

Die African Farmers Association of South Africa (AFASA), wat baie kleinboere verteenwoordig, het dit goedgekeur dat die “My Kraal”-mobiele toepassing as ‘n loodsprojek op ledeplase getoets word.

Die “My Kraal”-oplossing is deur die sake-eienaar en ondernemer, Gershom Ramazan, en Tigoma Digital ontwikkel en bied vee-identifikasie en opsporing aan deur ‘n basiese en gebruikersvriendelike selfoontoepassing.

“My Kraal” help boere met verbeterde kuddebestuur en -beheer, wat boere se inkomste verhoog deur akkurate data van die kudde te hê, ook om vee vir ‘n hoër prys op digitale platforms te verhandel met ‘n elektroniese beursie vir vinnige en veilige betalings.

Die program verhoog produksie deur veearts-ondersteuning in vennootskap met Afrivet en dit help om veediefstal te beveg. Dit bied ook aan boere toegang tot bekostigbare vee-versekering.

Al die data wat ingesamel word, word met die regering, versekeringsmaatskappye en strategiese vennote gedeel.

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Rou melkproduksie verhoog jaarliks

SA skolier wen toekenning by Google Science Fair