in

Le Chocolat Pinotage sluit aan by Grande Provence se engele-vaart

This post is also available in: Afrikaans

‘n Nuwe engel sprei sy vlerke by Grande Provence Heritage Wine Estate met die bekendstelling van hulle Angels Tears Le Chocolat Pinotage. Hierdie gesellige rooiwyn is geseën met ‘n hemelse sjokolade-kinkel en ‘n oorvloed van ryp pruime en rooi bessies.

Angels Tears Le Chocolat Pinotage 2017 is ‘n sagte, medium-ronde wyn wat bekoor met ‘n aanloklike vrugtigheid en deur heerlike sjokolade-skaafsels gestut word.

Hierdie wyn se verleidelike geurprofiel word verkry deur die sorgsame gebruik van geroosterde Franse eikehoutvate gedurende en na gisting. Die eikehout verleen ryk geroosterde sweempies aan die wyn. Dit ontvou in ryk sjokolade- en koffiegeure wanneer dit met die ryp pruimagtige en rooi bessie-geure tipies van die Pinotage druifsoort saamgesnoer word.

“Natuurlik word geen sjokolade óf koffie toegelaat in wynmaak nie,” sê wynmaker Hagen Viljoen tong-in-die-kies. Hy verduidelik verder dat die gebruik van geroosterde Franse eikehoutvate ‘n kundige en natuurlike manier is om hierdie lieflike geure na vore te bring. Dit vind veral byval by sjokolade-liefhebbers.

“Die universele aantreklikheid van GEUR is die rede agter die sukses van dié Pinotage profiel. Dit maak die wyn meer toeganklik en bevredigend vir ‘n wyer verbruikersmark,” voeg Verkope- en Bemarkingsbestuurder, Ivan Oertle, by.

Laat die lekkerte op jou tong en hope waarde vir geld jou aanmoedig om jou vlerke te sprei en hierdie interssante rooiwyn te geniet. Die Angels Tears reeks bestaan uit betowerende wyne wat die ideale lafenis bied – perfek vir daaglikse genot en alle lekker geleenthede.

Ontmoet die nuwe Le Chocolat engel met jou volgende besoek aan Grande Provence in Franschhoek. Probeer gerus ook hul verleidelike ‘Taste of Heaven’ Angels Tears wyn- en handgemaakte nougat-proe.

Die Angels Tears wyne is landwyd beskikbaar en verkoop by die Grande Provence kelderdeur teen R55 per bottel. Vir ekstra gemak kan hierdie wyne aanlyn by www.grandeprovence.co.za gekoop word. Aankope van 24 bottels of meer kwalifiseer vir gratis aflewering in Suid-Afrika.

Uitgereik deur: GC Communications namens Grande Provence Heritage Wine Estate      

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Listeriosis: SAPA concerned about imported chicken paste

Bayer launches trial that is set to take fight against malaria to next level in Mozambique