in

Landbouproduksietoestande

koring

This post is also available in: Afrikaans

Kommernis oor die vordering van somergewas aanplantings in die Oos-Vrystaat aangesien slegs minimale aanplantings tot op datum nog plaasgevind het met die optimale plantvenster vir aanplantings wat feitlik reeds verby is.

Boere in die Westelike dele van die land se optimale planttyd vir mielies het middel-November begin; toestande is oor die algemeen baie droog en produsente wag vir reën voor aanplantings sal begin. Wintergraangewasse in die Wes-Kaap is grotendeels klaar gestroop.

Noordwes-Sentrale Vrystaat en Noordwes-provinsie

  • Boere in die Westelike dele van die land se optimale planttyd vir mielies het middel-November afgeskop.
  • Toestande in die omgewing is oor die algemeen baie droog.
  • Alhoewel ‘n groot persentasie grondvoorbereidings voltooi is wag ander boere vir reën om hulle lande klaar voor te berei.
  • Reën word afgewag voordat produsente met die plantproses sal begin.

Noord-Kaap

  • Toestande is oor die algemeen baie droog met geen tot baie min reen wat tot datum voorgekom het
  • Vroeë mielies en sojabone is klaar aangeplant met minimale grondboon-hektare.
  • Baie aktiwiteite wat die volgende drie weke in die Noord-Kaap moet plaasvind. Boere het hier en daar koring begin stroop met goeie opbrengste en goeie gehalte wat behaal en verwag word. Boere behoort binne die volgende week volstoom te stroop.
  • Mielies sal aangeplant word soos koring klaar gestroop is.

Oos Vrystaat

  • Daar is oor die algemeen minimale somergraangewas-hektare tot datum aangeplant, met uitsondering van areas waar boere kol-kol kon plant weens beter grondvog.
  • Sprake dat slegs 10-20% van die mielie-hektare aangeplant is.
  • Wydverspreide reën word krities benodig voordat boere volstoom kan plant.
  • Aanplantings in die omgewing behoort heelwat later as normaal en grootliks buite die optimale planvenster te geskied. Toestande is tans baie droog.
  • Koring het baie swaar gekry met die afgelope tyd se droogtetoetande en heelwat skade is opgemerk wat tot laer as verwagte opbrengste kan lei.

Wes-Kaap:

  • Boere het grotendeels klaar wintergrane gestroop (koring, canola, gars) en staan einde se kant toe met die stroopproses.
  • Opbrengs oor die algemeen laer as verwag as gevolg van uiterste weersomstandighede wat spesifiek gedurende Oktober-maand voorgekom het.
  • Die koringgehalte was oor die algemeen goed.

Limpopo

  • Daar is ‘n swaai weg van mielie-hektare na katoen-hektare. Toestande is oor die algemeen baie droog alhoewel reën kol-kol sedert die naweek voorgekom het. Tot datum nog amper geen somergrane onder droëland aangeplant nie.

Mpumalanga

  • Met optimale planttyd vir mielies en sojabone wat reeds verby is poog boere steeds om enkele hektare hier en daar geplant te kry.
  • Gewasse vertoon oor die algemeen mooi behalwe vir die suidelike en westelike dele wat heelwat droëer as die res van de streek is.
  • Opvolg reën bly noodsaaklik.

KwaZulu-Natal

  • Boere het sowat 90% klaar mielies en sojabone aangeplant met enkele lande wat nog aangeplant moet word.
  • Met opvolg reën wat kol-kol voorgekom het, is daar areas waar die gewasse swaar begin trek weens droogtestremming.
  • Opvolg reën word krities benodig.

Bron: Graan SA Nuusflits

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wintergewasse – 2018 produksieseisoen

Hyundai se nuwe KONA