Die maand moet jy:
VEE
– Gee winterlek
AKKERBOU
– Saai koring, hawer, gars, rog, kanola
– Besproei wintergewasse in somerreënvalstreke
– Saai lusern
– Kry strooptoerusting gereed
ANDER
– Plant boerbone, ertjies, slaai, radyse, wortels, beet
– Verplant kool, blomkool en uie
– Bewerk en bemes die grond in vrugteboorde
– Begin vrugtebome snoei
– Bestel vrugteboompies vir volgende aanplanting
– Lei sitrusbome nat
– Maak voorbrande