in

Laboratoriumvleis gaan in 2021 op die rakke wees

lab meat

Al hoe meer maatskappye probeer vleisprodukte produseer sonder om lewende diere te gebruik. Die rede hiervoor is glo die bekommernis oor die welsyn van diere en die koolstofvoetspoor van vleis. Chris Lo, verbruikersontleder by GlobalData, berig egter dat die nuwe produkte nie gereed sal wees tot 2021 nie.

Chris voeg by: “Memphis Meats het vanjaar ‘n groep beleggers gekry, waaronder Bill Gates en Richard Branson, sowel as die swaargewig Cargill van die voedselbedryf en Jack Welch, voormalige uitvoerende hoof van General Electric. Die waagkapitaalgroep, DFJ, wat voorheen Skype, Tesla en Twitter ondersteun het, het die befondsing gelei.”

“Memphis sê hulle ‘skoon vleis’ is identies aan die vleis wat ons eet.”

Hulle ding mee met  Beyond Meat en Impossible Foods, wat plantgegronde burgers produseer.

Memphis vervaardig egter vleis deur diereselle te gebruik. Die selfvermenigvuldigende selle word in tenks, of bioreaktors, met suurstof, suiker en sekere voedingstowwe vermeng. Die Silikonvallei-groep het al beesvleis, hoender en eend in hulle laboratoriums geproduseer.

Die produk word geposisioneer as ‘n vleis wat geproduseer word sonder om diere te benadeel of metaan te produseer.

Daar is geen vermorsende grond of oormaat watergebruik nie en geen ontbossing vir beesweiding nie. Die gevolglike ‘skoon vleis’ sal nie kom van diere wat met antibiotika behandel is, of op chemies behandelde grond gewei het nie, en die vleis sal ook nie in ‘n slaghuis besmet wees nie.

Chris sê verder: “Die ‘vleis’ word deur sy risikokapitaalbeleggers voorgestel as vleis met ‘n beter smaak en meer voedingswaarde as werklike vleis. Die teenwoordigheid van Cargill op die beleggingsrooster dui aan dat Memphis kommersieel volhoubare produksie in die oog het: ‘n produk wat bekostigbaar is vir die groeiende Sjinese en Indiese middelklasse.”

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

One Comment

    escorts

    Escorts Landboumasjinerie word waarlik internasionaal

    malva-poeding

    Maklike, staatmaker malva-poeding