in ,

Laat Stafix jou help om veilig te leef en te werk

This post is also available in: Afrikaans

Misdadigers sluip nader wanneer jy slaap of dit die minste verwag. Die enigste manier om jouself, jou mense en jou eiendom te beskerm is om paraat op te tree. Behoorlike toegangs beperking en vroeë waarskuwing stelsels van Stafix gee aan jou die voorsprong bo misdadigers.

Met die ondersteuning van Stafix kan enige eiendom, van die grensheining tot die binne-vertrekke, onder 24-uur sekuriteit geplaas en gemoniteer word. Met gevorderde tegnologie kan die klient, sy naaste bure en die buurtwag gewaarsku word van misdadige bedrywighede. Jou eerste veiligheidsone begin by jou grensheining en toegangshek. Vir toegangbeheer bied Stafix die Centurion-hekmotorreeks aan wat ook van jou selfoon af beheer kan word.

Jy hoef nie eers die veiligheid van jou motor te verlaat nie! En met Stafix se Dahua-reeks CCTV-kameras weet jy presies wanneer jou ongenooide gaste opdaag. Selfs in die donker hou Stafix se Dahua-kamerastelsels ՚n ogie oor alles, van die spilpunt tot die stoep. Met radiotoerusting wat beeldmateriaal oor lang afstande kan stuur, kan beeldmateriaal van verskillende kameras na ‘n sentrale punt gestuur word en aan die internet gekoppel word, om sodoende op jou selfoon te kan moniteer.

Die digitale video-opnemer se opname kan ook teruggespeel word of geberg word vir latere gebruik en rekorddoeleindes. ՚n Goeie kamerastelsel moet betroubaar wees en in enige omstandighede ՚n ordentlike, identifiseerbare, duidelike beeld opneem. Met Stafix se kundigheid word die regte soort kamera vir die regte doel aanbeveel.

Shaun Williamson, besturende direkteur van Stafix, sê: “Enigeen kan ՚n goedkoop stel CCTV-kameras van die rak af koop, maar dikwels kan die kameras nie doen wat die klient verwag nie en dan raak goedkoop uiteindelik duurkoop.”

Daar is ook ander maniere om misdadige bedrywighede te bekamp. Stafix se verskuifbare Roboguard-beweging sensors kan toegangspaaie dophou, van die skuur se deur tot die paadjie na die melkstal en selfs waghou oor ՚n onklaar trekker wat in die land staan. Roboguard is baie gewild onder boere. Nie net is dit bekostigbaar nie, maar dit kan ook gemaklik en vinning na verskeie plekke verskuif word.

Stafix verkoop nie net produkte nie. Hulle het kundige personeel by elkeen van hulle 28 winkels landswyd. Hulle kan raad gee oor al die verskillende
sekuriteitsopsies, en kan goedgekeurde installeerders aanbeveel. Stafix is die invoerders, vervaardigers en verspreiders van ՚n wye reeks heinings, elektriese heinings, wildsheinings, strookbeweidingsheinings en gewone stewige landbouheinings

Besoek www.stafix.co.za om na hulle reeks beskermingsopsies te kyk en uit te vind waar jou naaste winkel is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Slim skaapboere gebruik Rumax se pilmasjiene

Agrico maak kleinveeboerdery ‘n groot sukses