in

Laat hoor jou stem en red die ekonomie, sê TLU SA

Foto: Pixabay

This post is also available in: Afrikaans

TLU SA het vandag ‘n veldtog bekend gestel waarin Suid-Afrikaners uiting kan gee oor hoe die landwye inperking hulle alledaagse lewens – en veral finansies – beïnvloed. Met die veldtog kan deelnemers ook voorstelle maak oor hoe die ekonomie gered kan word.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie was reeds voor die regering se maatreëls om die verspreiding van COVID-19 te beperk, op die knieë,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Indien die beperking langer voortduur, sal dit die finale nekslag vir die ekonomie – en baie huishoudings – wees.”

Hoewel die landbousektor strykdeur kon voortgaan met die daaglikse aktiwiteite om voedselproduksie te verseker, het die beperking op verskeie ander bedrywe en die meerderheid Suid-Afrikaners reeds ‘n groot invloed op produksie en besteebare inkomste gehad.

Die regering se planne om uitkoms te bied, is telkens onderhewig aan swart bevoordeling. Klein bestaansboere – wat 1,9% van die voedsel in die land produseer – ontvang ‘n inspuiting van R1,2 miljard terwyl kommersiële boere op hulle eie moet voortsukkel om die vloei van voedselverskaffing te verseker.

Fondse en kosskenkings word, soos in die verlede, deur korrupsie uit regeringskringe belemmer, terwyl organisasies wat kos aan hulpbehoewendes versprei aan bande gelê en voorgesê word.

“Dit is ondenkbaar dat die regering ‘n pandemie – wat geen kleurvoorkeur het nie – sal gebruik om sy sosialistiese beleid te bevorder,” sê mnr. Meintjes. “Ons is nie oortuig dat die beskerming van lewens die bepalende faktor is vir die streng en meestal sinnelose regulasies wat nou geld nie.”

TLU SA is deurentyd besig om planne voor te stel oor hoe die ekonomie gered kan word, en wil graag die voorstelle van alle Suid-Afrikaners daarin bywerk.

Die veldtog is beskikbaar by hierdie skakel.

Bron: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

This rugged phone scrubs up well: On-site hygiene is a simple wash away with the sleek Cat® S52

wol

Wolmark daal