in

Kyk net wat het Capstone vir die boer

Capstone Seed SA bied boere ’n eenvoudige bastermielie- en oopbestuifde-mieliepakket aan vir graan-, kuilvoer- en weimielies teen baie bekostigbare pryse. Ons mielies is nie geneties gemodifiseer of “Roundup Ready” nie, wat ons uitvoerstatus pas, asook by baie boere byval vind om hulle eie redes.

Ons mielies val in die kort-, medium-en langgroeiseisoenklasse, wat die boer ’n keuse vir elke boerderypraktyk gee.

Ons mielies is ook wyd aangepas regdeur Suid-Afrika. Proewe word deurlopend gedoen om elke variëteit in verskillende natuurlike toestande te evalueer. Dit is partykeer moeilik om te glo dat Nottinghamweg in die hartjie van die binneland van Natal en die oostekant van Vryheid in Noord- Natal dieselfde hoogte bo seevlak is, maar tog soos dag en nag verskil wat betref reënval, temperatuur, koue, bewolktheid en plantegroei! Juis hier kry Capstone Seed sy mieliebasters en oopbestuifde mielies van bewese telers soos dr Pip Nelson, wat hierdie verskille verstaan!

CAP 444 NG: Geel mieliebaster uit dr Pip Nelson se stal, met lyne wat hierdie baster baie sterk meerkoppig maak. In proewe het CAP 444NG al tot vyf koppe per plant gedra. Die mielie spruit ook maklik en toon uitstekende verdraagsaamheid teenoor droogtetoestande. Daarom is hierdie  geel mieliebaster ideaal vir die droër dele van die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. Met mediumgrootte koppe en baie plantmateriaal word hierdie mielie ook vir kuilvoer gebruik, met droëland-graanoeste van 5,4 t behaal tussen Bethlehem en Paul Roux. Baie aanpasbaar. Medium tot lank.

CAP 9444: Geelmieliebaster, absoluut aanpasbaar soos ’n verkleurmannetjie, hetsy vir kuilvoer of graan; die mielie sal jou nie in die steek laat nie! Uitstekende siekteweerstand, droogteverdraagsaam, meerkoppig, klein pitte, geel tot rooi kleur pitte – uitstekend vir duiwe, baie plantmateriaal, ’n lang lys eienskappe wat jy as die boer self kan beproef en weet dat jy tevrede anderkant gaan uitkom. Medium tot lank.

CAP 122-60: Geel bastermielie, 14,7 t in die westelike besproeiingsgebiede, 10 t plus in Mpumalanga, kort groeier (kort tot medium in kouer gebiede) uitstekende staanvermoë – twee haelstorms na mekaar in die binneland van Natal, toe staan hulle nog steeds! Redelike siekteweerstand, met goeie terugvoering van droogteverdraagsaamheid uit Botswana. Hierdie bastermielie presteer goed vanaf die Oos-Kaap tot in Limpopo, onder besproeiing of op droëland, meerkoppig, uitstekende graangehalte, kan hoë plantestand hanteer en gaan pas in jou beplanning as boer.

CAP 9001: Wit bastermielie, presteer uitstekend in die Natalse Middelland en word meestal vir kuilvoer ingespan. Hierdie mielie het al soveel as 72 t kuilvoer geproduseer in die Wintertongebied, en in die Oos-Kaap is hoogtes van drie tot vier meter bereik. Twee groot koppe, wat hoog gedra word, met baie plantmateriaal gee CAP 9001 ’n uitstekende plant-graanverhouding in die kuilvoorbunker, wat tog elke boer se droom is! Redelik siekteverdraagsaam, maar ’n spuitprogram word sterk aanbeveel.

Nelson’s Choice: Teen ’n prys van minder as R500/25 kg kan jy bekostig om hierdie wit, oopbestuifde mieliekultivar as weimielies vir jou bees of skaap te plant. Nelson’s Choice is deur dr Pip Nelson geteel met siekteweerstand as die hoofdoel! 109 van die beste teellyne beskikbaar is daarin ingebou vir droogteverdraagsaamheid, uitstekende siekteweerstand, staanvermoë, kophoogte, baie plantmateriaal, uitstekende maaleienskappe, trotsering van hoë hitte-eenhede en ’n oesverwagting van tussen 8 en 10 ton in sekere gebiede. Die vraag is: Moet jy nie ook Nelson’s Choice plant om jouself te oortuig nie? Mediumgroeier.

Okavango: Geel oopbestuifde mieliekultivar, massiewe plant, twee baie groot koppe, groot blare, langseisoengroeier, kuilvoerkoning, verbetering op Sahara wat betref staanvermoë, siekteweerstand, deel van die pakket vir opkomende boere, wyd aangepas, groot verkoper in die ou Transkei, meestal vir dieregebruik. Baie bekostigbaar; jy sal nooit weet as jy hom nie probeer nie.
Capstone_seeds_logo
Skakel jou naaste Capstone Seed-kantoor nou vir verdere inligting.
HOOFKANTOOR: 0861 113167 marketing@capstone.co.za
Hoëveld-areabestuurder: Thys Fourie 082 326 6797 potchsales@capstone.co.za
Vrystaat en Noord-Kaap: Johan Roux 082 657 6941 vrystaatverkope@capstone.co.za
KZN: Steve Woolley-Kufal 082 654 2162 skzn.sales@capstone.co.za
Suid- en Wes-Kaap: Cecil Van Rooyen 082 871 0050 suidkaapverkope@capstone.co.za
Oos-Kaap: Mark Wattam 084 287 3277 mark@capstone.co.za
Swaziland: Bongani Dlamini 00268 251 87649 swazi@capstone.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kyk net wat het Capstone vir die boer

Merino-aanwyser-styg-gerusstellend-met-laaste-wolveiling