in , ,

Kweekhuisverbouing: Alles wat jy wil weet.

Inligting is die beste wapen in die stryd vir beter produksie. Boere wat in nethuise en tonnels verbou, kan net wen as hulle die jaarlikse Undercover Farming Ekspo en Konferensie in Pretoria bywoon.

Dit is die vierde keer wat die geleentheid plaasvind by die St George Hotel en Konfernesiesentrum by Irene, naby Pretoria en dit beloof om groter as ooit te wees.

Volgens die organiseerders is daar meer uitstallers, meer inligting en meer sakegeleenthede beskikbaar as ooit tevore.

Die Ekspo met sy 65 uitstallers is onder een dak in ‘n 2 600 m² saal en daar is uitstallers van so ver as Nederland, Kanada, Israel, Spanje en natuurlik oral in Suid-Afrika.

Die Expo word onder een dak in ‘n 2600 vierkante meter saal gehou, met meer as 65 uitstallers huisves. Die Expo is " industrie spesifiek" en handel oor alles wat verband hou met die kweekhuis- en onderdakbedryf. Vanaf die laboratorium na verbouing, grond, plant, groei, oes, verpakking, koue storing, vervoer en logistiek. Van die kleinhandelaar tot eindverbruiker, of dit nou in Suid-Afrika, Afrika of die res van die wêreld is.

Tydens die Ekspo sal daar ook twee konferensies gelyktydig aangebied word.  Een sal fokus op opkomende (nuwe) boere in kweekhuise (17-18 Maart 2015) (200 + afgevaardigdes) en die tweede een sal fokus op kommersiële boere (17-19 Maart 2015) (110+ afgevaardigdes).

Suid-Afrikaanse, sowel as internasionale, sprekers sal die volle spektrum van kweekhuisboerdery bespreek – van navorsing, nuwe tegnologie, prosesse, alternatiewe energie, water, kos, bemarking, ens

Hierdie konferensie in Pretoria is regtig die "hoof" gebeurtenis op die Undercover Farming Expo kalender. In kort – dit is die plek om te wees.

Kontak gerus vir Suzanne Oosthuizen, die besturende direkteur van Undercover farming by 082-832-1604082-832-1604 of stuur vir haar ‘n epos na suzanne@pop.co.za indien jy meer inligting benodig.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Baie blink trokke en motors by JIMS

Vega die Frieskoei lewer 156 ton melk