in

KwêBeam swaai die skaal in jóú guns

This post is also available in: Afrikaans

Verrassing is die faktor waarop rowers en moordenaars reken om hulle duiwelswerk te doen. Hulle gewoonte is om in die middel van die nag toe te slaan wanneer die wetsgehoorsame burger sy welverdiende rus na ‘n dag se arbeid geniet.

Maar nou is die bordjies verhang – met KwêBeam, die stille, betroubare elektroniese waghondstelsel wat jou betyds waarsku wanneer boosdoeners jou eiendom betree sodat jy hulp kan ontbied, alarm kan maak of jouself gereed kan maak vir die aanval. Met KwêBeam swaai jy die situasie om sodat dit nou jy is wat die boosdoener verras.

Krypton Sekuriteitstelsels is agente vir Kwêbeams en hulle is toegewy daaraan om plaasaanvalle hok te slaan.

Hoe werk dit?

KwêBeam is ‘n losstaande, draadlose vroeëwaarskuwingstoestel wat jy kan monteer, verstel en verskuif soos jy wil om selfs werknemers te flous. Dit is onafhanklik van enige ander alarmstelsel, maar vul bestaande veiligheidsmaatreëls uitmuntend aan.

Meer as een KwêBeam-oog kan op verskillende plekke aangebring word en elke oog het twee strale wat onderbreek moet word voordat hy alarm maak. Dit skakel vals alarms uit. Die sensitiwiteit van die oë kan ook verstel word.

Elke oog kyk 18 meter ver en 90 grade wyd. Daar is geen drade nie, want die oog stuur ‘n radiosein na die verskuifbare sleutelbordjie (key pad) wat voor jou bed lê. Die oog werk met drie gewone AA-selletjies wat sowat drie jaar lank hou en die sleutelbordjie werk tot ‘n jaar lank met drie AA-selletjies.

Kwêbeam  is die enigste stelsel wat ‘n sirene in elke sensor het. Die sensors is baie stabiel en het agt sensitiwiteitsvlakke wat die boer self kan verstel. Elke sensor het ‘n ingeboude peuterskakelaar om die boer in te lig indien ‘n inbreker die stelsel wil afskakel. Een stel batterye in die stelsel kan tot drie jaar hou.

KwêBeam is maklik om te installeer en te gebruik en dit is ook heel bekostigbaar. Een oog en een sleutelbordjie is genoeg om mee te begin en daarvandaan kan die stelsel uitgebrei word.

‘n Koppelvlak, wat ook as ‘n seinversterker kan dien, stel KwêBeam in staat om by bestaande alarmpanele of teksboodskapsend-ontvangers in te skakel. Die stelsel gebruik ook ‘n seinfrekwensie wat minder algemeen gebruik word, sodat slim diewe nie die seine kan onderbreek nie.

Die mees gevorderde opsie is ‘n veelfunksie GSM-eenheid. GSM staan vir Global System of Mobile communications en dit beteken dat jy jou KwêBeam van enige plek in die wêreld af via selfoonteksboodskappe kan beheer.

Kwêbeam is ook die enigste alarmstelsel-vervaardiger in Suid-Afrika wat binne 14 dae jou geld terug waarborg indien jy nie gelukkig met die stelsel is nie.

Verhang die bordjies – verras jou aanvaller met KwêBeam.

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Nasionale minimumloon uitgestel