in

Kverneland doen dit weer

Vandat die eerste Kverneland CLG sy spesiaal versterkte Sweedse staaltande in Suid-Afrikaanse grond ingeslaan het, jare gelede, is daar ’n standaard gestel waaraan boere enige ander grondbewerkingsmasjien kon meet.

Met ongekende dieptebewerkings in selfs die moelikste gekompakteerde en klipperige grond, het Kverneland die boer se staatmaker geword om grond te deurlug en voor te berei vir vrugbare plantwerk.

Dié nuwe tegnologie met onafhanklike opwaartse en sywaartse wegbreekaksies het die onbegaanbare begaanbaar gemaak sonder staantyd in die land weens sweisplekbreuke, want aan ’n Kverneland word alles stewig vasgebout.

Dit het ook wêrelde van aanpasbaarheid oopgemaak met verstelbare bewerkingswydtes en maklike vervanging van onderdele.

Vandag bly Kverneland op die voorpunt van tegnologie en boere wat Jupidex se uitgebreide uitstalling vanjaar by NAMPO besoek, sal hulle kan verkyk aan die nuutste wat deur die beste gebied word.

Kyk net hier!

Cultibar 1200 Jupidex, Kverneland
Cultibar 12000
Die nuwe Cultibar 12000-tandeg het ’n werkdiepte van 300 tot 400 mm met ’n wegbreekaksie van 640 kg. Hy is 12 m wyd met 32 tande en kan opvou tot 4,5 m vir padvervoer. Die sykante kan ook afgehaal word, sodat hy 10 m wyd is met 28 tande. Die tandspasiëring van die CLC-tipe tand wat ook met ’n vlerkskaar toegerus kan word, is 365 mm. Sy ideale werkspoed is tussen 7 en 10 kmh.
 

CTC-reeks
Vir ’n nuwe dimensie in grondbewerking het Kverneland die CTC-reeks bekend gestel. Die alles-in-eenmasjien laat ’n gladde saadbed met ingewerkte biologiese materiaal vir grondverryking.

Die CTC bestaan uit vier verskillende werksafdelings. Dit begin met ’n snykouter om deur plantreste en materiaal op die land te sny, ’n tandbewerking vir gronddeurlugting, mengskottels om die materiaal in die grond in te werk en ’n roller vir saadbedvoorbereiding.

Daar is drie sleepmodelle van 4 m, 5 m of 6 m wyd met 15, 17 of 21 tande, en die CTC werk op sy beste tussen 10 en 12 kmh. Jupidex se manne sê hulle het hom getoets met vlerkskare aan die tande tot op ’n doeltreffende diepte van 320 mm. Boere het ook ’n wye keuse met betrekking tot tandspasiëring, tipe snykouter en skare, asook die tipe roller. Soos altyd, maak Kverneland voorsiening vir verskillende grondsoorte en omstandighede.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Namponuus: Staalmeester sny en kap dat die stompe bewe

Skep 'n saadbed vir 'n koning: LEMKEN maak berge gelyk