in

Kundiges verwag dat herfskommandowurm landswyd in Suid-Afrika kan versprei

This post is also available in: Afrikaans

Volgens ‘n onlangse mediaverklaring, verwag kundiges dat die herfskommandowurm oor Suid-Afrika heen sal versprei (met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap). Die verslag dui aan dat besmetting in vyf distrikte in Limpopo, dele van Mpumalanga asook in die Oos-Kaap aangemeld is.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) het versoek dat boere en landbou-organisasies hulle monitering- en aanmeldingspogings ten opsigte van hierdie plaag landswyd opskerp.

Daaglikse en weeklikse verslae moet aan die departement voorgelê word vir alle nuwe gebiede waar die herfskommandowurm voorkom.

Agri SA verwelkom die tydige optrede deur die departement, insluitend die beskikbaarstelling van plaagdoders om die verspreiding van die plaag te bekamp. Agri SA wil dit graag onder boere se aandag bring dat die aanwending van chemikalieë in konsultasie met die betrokke verteenwoordigers moet geskied.

Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone. Om dié rede is dit belangrik om op te let op skade aan hierdie gewasse en die teenwoordigheid van die indringerspesies.

Dan Kriek, president van Agri SA, het Graan SA en ander rolspelers wat die situasie namens die bedryf moniteer bedank.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

KwêBeams swaai die skaal in jóú guns – Spesiale aanbod aan ProAgri-lesers!

bokhaar

Klein aanbieding ondersteun bokhaarpryse