in

Kry oplossings by KragDag 2016

Die jaarlikse Solidariteit KragDag vind van 16 tot 18 Junie by Diamantvallei (20 km oos van Pretoria) plaas.

Suid-Afrikaners beleef daagliks die huidige verval in die Suid-Afrikaanse staats- en staatsondersteunde dienste. Solidariteit het mense uitgenooi om hulle eie toekoms te skep met KragDag se leuse: “Doen jou eie ding”.

Die ekspo bied nie net inspirasie vir mense om ‘n selfstandige lewe te lei nie, dit is ‘n karnaval vir die hele gesin met avontuurlike ontspanning wat wissel van 5D-flieks tot helikoperritte, ‘n snuffelmark, ‘n landbou jeugskou en ‘n magdom verskeidenheid om van te eet en te drink.

11 550 mense het die KragDag-ekspo verlede jaar bygewoon. Dit wys daar is ‘n groeiende dringendheid maar ook opgewondenheid by mense om toegerus te word om hulle gesinne en gemeenskappe se lewens in te rig vir selfstandigheid.

Toegang is R60 per volwassene en is gratis vir kinders tot 18 jaar. As jy vooraf met jou eie e-posadres (een persoon per adres) op KragDag se webtuiste registreer, kry jy verniet toegang (sodat jy die geldjie op iets lekkers by die ekspo kan spandeer).

Uitstallings

Solidariteit KragDag bied ‘n uitstalkas van volhoubare energie en selfstandige leefstyloplossings vir gewone huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en klein tot medium ondernemings. Dit is ‘n Afrikaanse ekspo met ‘n unieke karakter wat fokus op energieselfstandigheid, energievriendelike konstruksiemetodes, waterontginning en -hantering, veiligheid, voedselproduksie, nuwe tegnologie wat jou lewe kan verander, doen-dit-self oplossings en ekonomiese en finansiële vryheidsmodelle. Verder dien dit ook as ‘n broeikas vir entrepreneurs.

Verskeie uitstallers sal ook produkte beskikbaar hê wat die besoeker net daar en dan kan aanskaf om nog ‘n stap te gee in die rigting van selfstandige en vrye voorsiening van energie, of dit die aanskaf van ‘n LED gloeilamp is en of dit ‘n yskas is wat aan ‘n sonpaneel gekoppel is.

Seminare

Op elk van die drie dae word ‘n oggend- en middagseminaar gehou, elk met ‘n eie tema:

Donderdag 16 Junie

  • 8:30 – 11:30: Dorsles vir waternood
  • 12:30 – 15:30: Entrepreneuriese vryheid

Vrydag 17 Junie

  • 8:30 – 11:30: Energie – ‘n wêreldperspektief en industriële oplossings
  • 12:30 – 15:30: Opvoedingselfstandigheid

Saterdag 18 Junie

  • 8:30 – 11:30: Energieoplossings vir huishoudings en kleinskaal boere
  • 12:30 – 15:30: Voedselselfstandigheid

Toegang vir die seminare is R60 per seminaar en kaartjies is by die seminaaringang beskikbaar.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

‘n Sanger op die plaas

Dom Boer se lag vir die dag: