in , ,

Kry jou Strautmann-voermenger by Inttrac Trading en … Voer jou vee vir sukses

This post is also available in: Afrikaans

Net so belangrik as wat ‘n planter vir ‘n saaiboer is, is ‘n voermenger vir ‘n melkboer. Elke koei se melkproduksie hang af van die gehalte van die voer wat sy kry, en die eenvormigheid van die voer is dalk selfs belangriker as die gehalte. Elke rantsoen moet dag na dag presies dieselfde wees om goeie melkproduksie te verseker.

“Ons het voorheen met kleiner voermengers gewerk, maar ons het besef dat hulle nie aan ons behoeftes voldoen nie,” vertel Gerhard van Rensburg, produksiebestuurder by Wonderheuwel Boerdery buite Sasolburg. “Sedert ons die Strautmann inspan om voer te meng gaan dit sommer baie beter.

Die Strautmann 2401-voermenger hanteer lag-lag tussen 12 m3 en 30,5 m3 voer op ‘n slag en boonop is die manier waarop die voer gemeng word daarop bereken om menslike foute uit te skakel.

Wonderheuwel Boerdery se voermenger meng 24 m3 op ‘n slag volgens hulle voerrantsoene. Die boer kan die voerrantsoene se mengsels vooraf op die skaal inlees waarna die operateur die ruvoer, graan, water en ander bestanddele in die menger gooi. Daar is ‘n alarm wat begin skree sodra die korrekte gewig van elke bestanddeel bereik word.

Sodra al die bestanddele in die menger gevoer is, begin hy outomaties die voer meng met sy twee vertikale skroewe. Die operateur kan nie die menger se voersluis oopmaak voordat alles deeglik deurgewerk is nie. Sodra die mengsel genoeg tyd in die menger gehad het om behoorlik gemeng te word, skree daar weer ‘n alarm en dan kan die operateur begin om die voer vir die koeie uit te gooi.

Die voermenger het ‘n vervoerband wat die voer na enige kant kan opdis sodat die trekker nie hoef om te draai om aan die regte kant te voer nie.

Die menger het ook nie ‘n Simson-trekker nodig om doeltreffend te werk nie. ‘n Trekker wat 100 kW lewer is meer as genoeg.

“Die voerkapasiteit van die menger, die gehalte van die mengsels en die regstellings wat ons met ons voerrantsoene gemaak het, het vir ons ‘n aansienlike verbetering in melkproduksie gegee,” sê Danie van Rensburg, eienaar van Wonderheuwel Boerdery. Nog ‘n voordeel is dat ruvoer nie vooraf gemaal hoef te word nie – die menger maal dit sommer self. Dit vergemaklik die meng- en voerproses, bespaar arbeid en verminder vermorsing.

Danie van Rensburg sê dat die Strautmann-voermenger ‘n beduidende verskil op Wonderheuwel Melkery se produksie gemaak het.

Danie en Gerhard is ingenome met die puik, kundige diens wat Inttrac Trading lewer. “Die skaal was reeds behoorlik gekalibreer toe die voermenger by ons afgelaai is. Ons kon so te sê dadelik met hom begin werk,” sê Gerhard. Boonop is van Inttrac Trading se mense altyd beskikbaar en bereid om te help as daar ‘n probleem is. “Ons het nog geen probleme met die voermenger gehad nie, maar ons kan Frans en sy span enige tyd bel vir raad en hulp. As hulle nie telefonies kan help nie, sal hulle gou-gou op die plaas wees om enige probleem uit te stryk,” sê Danie.

Inttrac Trading voer Strautmann produkte al vanaf 2004 in en ken die voortreflike Duitse produkte  van voor tot agter.

Vir meer inligting oor hoe jy ՚n nuwe Strautmann-voermenger kan aanskaf om jou kudde se produksie te verhoog, kontak Adam van Aswegen by 016-365-5799, 078-457-0952, of stuur ՚n e-pos aan sales@inttrac.co.za. Besoek die webblad by www.inttrac.com

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Afrikaners bied goeie geleenthede

Troef klimaatstoestande met PlusNet-skadunet